Geverifieerde Resensie
Beaufort West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Beaufort West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 1365 resensies.
"Hoofstraat ongelukkig vuil en plek-plek verwaarloos. Chris Barnard museum kan besigtig word. Petroljoggies en personeel by Engen verdien om genoem te word. Baie vriendelik en behulpsaam."
"Net jammer dat ons oral gewaarsku is dat diefstal in die dorp oral handuit ruk. Toeriste moet maar seker maak dat alles behoorlik gesluit is as hulle in die hoofstraat wil stop. 4Sheep bly maar die lekkerste eetplek in die dorp!"
"Ons beplan gewoonlik om die middag uit die Kaap uit weg te kom, om dan 5 ure later in Beaufort-Wes oor te slaap. Dit maak die pad die volgende dag net soveel korter. Ons sal altyd daar oornag. "
"Altyd lekker om in die Klein Karoo oor te bly, die natuurskoon spreek boekdele vanself. Pragtig! Dis die heel beste wat ek dit kan uitdruk uit 'n menslike oogpunt."
"Was so warm en droog toe ons deur gegaan het Kaap toe, maar met terugkom het dit lekker gereën en alles lyk skoon en oop."
"Beaufort-Wes is en sal seker maar altyd die oornagstilhouplek wees vir reisigers en vakansiegangers, wat die lang pad aandurf van die binneland na die kus. "
"Dit bly maar 'n baie interessante plekkie met die ou geboue en alles wat daarmee saamgaan."
"Beaufort-Wes het alles wat jy sal benodig vir jou verblyf en 4Sheep restaurant gee altyd goeie diens."
"We could see the effects of the ongoing draught, but other than that, its a good place, with a halaal restaurant, we could even enjoy a very good meal."
"Baie werklose persone wat in die strate rondloop, gee 'n mens die indruk dat veiligheid 'n probleem mag wees."
"Taxi verkeer was ongelooflik en uiters gevaarlik die oggend om 05:30 uit Beaufort-Wes na die Kaap! Taxi bestuurders het in aankomende verkeer gery en geen hoflikheid getoon teenoor mede padverbruikers nie. 3 ongelukke naby Beaufort-Wes. Sal nie weer in Beaufort oorslaap!"
"Is maar net die bekommernis oor die droogte en die hoofstraat was 'n bietjie vuil."