Geverifieerde Resensie
Beaufort West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Beaufort West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 1365 resensies.
"Ons het nie eintlik tyd gehad om besienswaardighede te besigtig nie. Ons bid vir reën vir Beaufort-Wes. Dis is verskriklik droog!"
"Sou verkies om bietjie vroeër daar weg te kom, maar hulle ontbyt begin eers om 7, dus kom jy nie weg daar voor 8 nie, as jy nog 'n lang pad het wat voorlê is dit n bietjie te laat."
"Lekker plekkie, maar Beaufort-Wes is opsigself nie baie skoon nie, maar andersins was daar nie enige probleme nie."
"Probeer gerus die 4 Sheep restaurant en deli. Bespreek ook eerder in 'n ander straat as die hoofstraat, soos bv. Voortrekkerweg indien jul nie hou van baie geraas nie. Voortrekkerweg het lieflike oornagplekkies."
"Het die geleentheid gebruik om die Christiaan Barnard Museum, sendingkerk en pastorie te besigtig. Dit was werklik vir ons prima-tyd wat goed bestee was. Wat 'n wonderlike geleentheid!"
"This is the perfect stop over from north to the Western province and visa versa."
"Water restrictions are killing the town! Businesses are struggling. Rome is burning and a pathetic municipality is watching it all going down! "
"Die Karoo Nasionale Park is asemrowend. Die dorp was netjies en genoeg winkels, restaurant en vulstasies in hoofstraat."
"Ons love Beaufort-Wes en sy mense. Dis altyd ons eerste stop om ons vakansie mee te begin!"
"Dit is 'n pragtige ouwêreldse dorpie waar almal vriendelik groet. Ek is dankbaar om te sien hoe skoon Beaufort-Wes weer is die afgelope twee jaar en dat daar weer opknappingswerk gedoen word, na jare se verwaarlosing. "
"Ons sien Beaufort slegs as 'n oornag bestemming op pad na ons vakansiehuis."