Geverifieerde Resensie
Beaufort West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Beaufort West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 1365 resensies.
"Ons het 6 uur die oggend vertrek uit Beaufort-Wes op pad na Kaapstad op Saterdag die 15de Desember, blykbaar die besigste naweek van die jaar. Daar was ‘n tou voertuie van ongeveer 5 km buite die dorp op pad Noordwaarts. ‘n Tydelike verbypad sal dalk help om frustrasie te verminder. Dit maak die dorp ‘n goeie oornagplek."
"Die dorp is mooi en netjies en vol geskiedkundige plekke. Idiaal gelee vir 'n oorslaapplek op pad kaap toe."
"Baie om te sien en te ervaar. Ons tydjie was egter bietjie beperk. Sal baie graag langer daar wil vertoef en kuier."
"Beaufort-Wes is 'n gemaklike halfwegstop. Ryk geskiedenis dorpie en baie om te doen."
"'n Gerieflike stop op pad Kaap toe as jy van ver af kom met keurige gastehuise!"
"Pragtige omgewing en ek kan 4 Sheep restaurant aanbeveel en is 'n wenner. Heerlike kos wat bekostigbaar is en vriendelike kelners."
"Voel jammer vir mense in Beaufort-Wes oor hulle waterprobleme. Hoop regtig hulle kry gou genoegsame reën."
"Kan geen kommentaar lewer oor Beaufort nie, aangesien ons net daar oornag het."