Geverifieerde Resensie
Bojanala
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bojanala bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 757 resensies.
"Dis die enigste plek waar ek in die toekoms binne 200 km van Johannesburg af vir 'n naweek of langer sal gaan rus. Ek het reeds vir komende Desember 2020 weer bespreek."
"Ek het Van Gaalen-kaasplaas besoek, asook Cradle Health Spa en was Sondag by die vlooimark naby Harties. Al hierdie plekkies was nie ver van mekaar af nie en baie lekker. Ek kan definitief al die plekkies aanbeveel."
"Meer eetplekke wat nader is sal lekker wees, maar die ry na plekke toe was die moeite werd met die ligging van die berge om jou"
"Het slegs die mall besoek. Het Hartebeespoortdam besoek en besluit om in Brits te oornag."
"Verkeersreëlings is uiters swak en die verkeerswetstoepassing nog swakker! 'n Mooi omgewing met pragtige toeristebestemmings, maar die dorp self is nie baie aangenaam nie, alhoewel die mense daar almal baie vriendelik is."
Pilanesberg Nasionale Park, Bojanala
The Kingdom Resort"Ons was nog nooit daar nie en was verras deur dit wat ons gesien het/gekry het en sal dus enige tyd weer daarheen terugkeer."
"Ek kan ongelukkig nie regtig uitbrei oor Rustenburg as 'n toeristebestemming nie. Ons het basies net daar oorgeslaap vir 'n troue wat in die omgewing was. "
"Die area het slegte paaie, die dorp self is seker nie sleg nie, maar die onderhoud is glad nie op standaard nie. Ek het nie van die area gehou nie."
"Ek sou daarvan gehou het as hulle ons vroeër gesê het dat die onderdak se warm water swembad toe is en nie nadat ek alles betaal het nie."
"This is a beautiful place, we really enjoyed although it was very short."