Geverifieerde Resensie
Clarens
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Clarens bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 3057 resensies.
"Puik! Onthou dat Clarens ook gebuk gaan onder beurtrag. Dit kan nogal mens se beplanning omvergooi."
"Skoon en netjiese dorp. Baie vriendelike inwoners en winkeleienaars. Pragtige natuurskoon. Sal dit sterk aanbeveel."
"Clarens is 'n baie lekker dorpie. Ons dreig al lankal om daar om te gaan en het dit goed gedink om sommer op pad terug van die see af daar om te gaan. Dit is wel nie 'n plek wat toegerus is vir baie jong kinders nie. Alhoewel ons definitief weer daar 'n draai sal maak, sal ons sonder die kinders gaan. Dis 'n lieflike dorpie en ons het nie naastenby genoeg tyd daar spandeer nie."
"Kan dalk bietjie meer aandag gee aan winkels wat daaglikse produkte verkoop. Bietjie gesukkel met basiese huishoudelike aankope - veral groete en vrugte en suiwelprodukte."
"The town of Clarens as a whole gives you a feeling like no other. Everybody is friendly and if you had the money staying here could bankrupt you in a heartbeat with all the wonderful goodies on sale. With all the restaurants you are spoilt for choice but Vito’s which has the hospitality, great food, definitely has the BEST desert – Chocolate Volcano! If you have a gap stop in at Bibliophile for something special to read and House of Woven Art will burn a hole in your wallet! I love Clarens and will be back!"
"Tipiese toeristedorpie! Klein winkeltjies wat een dag uit jou vakansie neem om deur te draf. Hier kom rus jy. Weg van die geraas en gejaag van die stad. Neem die natuur in (Golden Gate, Maluti Roete, Sampioen rots, Koningin Victoria rots en Cinderella Kasteel is alles net om die draai) en neem deel aan avontuuraktiwiteite wat nie oor 'n naweek in die stad gedoen kan word nie. STAPROETES STAPROETES STAPROETES, goed in standgehou en versorg. Batwing Waterval, Kloof en Titanic is aan te beveel! Baie restaurante, koffiewinkels en deli's om van te kies. As jy na 'n selfsorgeenheid kom, onthou om meeste (indien nie alles) van jou kos en kruideniersware saam te bring. "
"Clarens is wow, asemrowend met die berge en bome en grondpaaie. Mens kan oral loop en fietsry, daar is baie kuns en interessante winkels. Die restaurante is bietjie duur, seker maar gemik op die oorsese mark."
"Die winkels is pragtig, maar duur! Om R 80 vir 'n piepklein botteltjie konfyt te betaal is belaglik. Ek sal miskien weer daardeur ry om die natuurskoon te bewonder, maar die winkels sien my nie weer nie. Ek is seker mens sal in Londen beter waarde vir jou geld kry. Ek dink dis 'n skande om besoekers so uit te buit!"
"The best! Had a wonderful 3 days in Clarens! Can't wait to visit again! Great tourist destination for outdoor adventure, restaurants all excellent and great variety. Awesome scenery! A definite destination for a relaxing weekend."
"Clarens is a wonderful little town, and we will come back for more! This was our 3rd visit!"
"Weggesteek en pragtig met alles wat mens nodig het en soveel om te doen en sien!"
"Clarens is die ideale bestemming vir 'n rustige naweek weg van die gewoel van die stad. Pragtige natuurskoon, goeie restaurante en interessante winkeltjies om jou besig te hou."