Verified Reviews
Colesberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Colesberg
Rated 3.9 out of 5 based on 1643 reviews.
"Goed geleë vir oornagstop. Goeie restaurante. Besoek gerus die slaghuis vir die beste biltong en droëwors."
"Ek het voorheen in 'n ander plek in Colesberg oorgeslaap, maar Chargo Merino oortref die vorige plek by verre!"
"Was aangenaam verras, die dorp het skoon voorgekom. Die kos by Die Plattelander was heerlik. Sal beslis weer besoek."
"Ideale oornag plek, behalwe as mens behoefte het aan stilte, dan is dit die ideale plek om te vertoef."
"Halfpadmerk vir ons Kaap toe en sal altyd daar oornag enn verseker weer by Colesview Guest House."
"Dorp is netjies en skoon. Nie regtig tyd gehad om die dorp te verken nie, maar het veilig gevoel terwyl ons rondgestap het en 'n paar winkels besoek het. Vriendelike mense."
"Mooi halfpad merk Kaap toe, ou dorp met 'n baie mooi kerk en lekker eetplekke."
"Colesberg is 'n oorslaapdorpie in die Karoo. Nie vir my 'n plek waar ek dae sal vertoef nie. Restaurante vra maar Johannesburg-pryse, maar ek dink ook die feit dat die jaar onderstebo is, probeer almal maar om verlore geld te herwin."
"Die ideale stop as jy op die langpad is. Die Plattelander Restaurant is hoogs aan te beveel vir die heerlikste kos. "
"Heerlik geëet by Die Plattelander. Hulle porsies is baie groot, maar heerlik. Bediening puik."
"Ons het die atmosfeer van Colesberg geniet. Almal was vriendelik en behulpsaam. Al die reisigers het ontspanne voorgekom en dit lyk of die hele dorp net uit gastehuise bestaan!"
"Not much to do. Really just stopped to overnight on journey between CPT and JHB."
"Vir oornag is daar baie geleenthede in alle prysklasse. Nie veel te sien in die dorp vir toeriste."