Verified Reviews
Drakensberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Drakensberg
Rated 4.3 out of 5 based on 1189 reviews.
Northern Drakensberg, Drakensberg
Witsieshoek Mountain Lodge"'n Moet op enige persoon se bucketlist."
"Lekker restaurante en 'n goeie alternatief vir Clarens wat net te duur geword het vir dit wat jy kry."
"Gemaklike oornag dorpie wat baie vir enige toeris kan bied. Koffie en kos by die Plaas Stoep is aan te bevel."
"Ek kan die Lemon Tree Restaurant sterk aan beveel. Underberg is n mooi klein dorpie waar jy alles wat nodig is as toeris kan kry. "
"Baie klein dorpie met min om te doen as hy baie verwag. Maar dis lekker stil en rustig en net wat mens soms nodig het om te ontspan."
"Bergville as a town is not a great destination, but the surrounding mountains are great."
"Mooi omgewing met al die sandsteen geboue. Bly daar oor en besoek Clarens. Goedkoper en rustig."
"Underberg is soos meeste dorpe in die omgewing maar bedrywig met baie voetgangers en karre in die middedorp. Maar die Superspar het als wat jy sal benodig van hout tot sjerrie vir die winter. As verblyf, om die pragtige omliggende areas te verken, is Underberg beslis die perfekte keuse."
"Dit was die einde van die maand so die dorp was baie besig. By die winkel het ons vir omtrent 45 minute in 'n ry gestaan om iets te koop. Daar is 'n baie oulike restaurant in die dorpie met die naam "Mikes Restaurant". Baie vriendelike eienaar en die ontbyt was heerlik. Kon nie glo hoe goedkoop dit was en die hoeveelheid kos wat jy kry nie. Hier in Jozi kry jy dit nie. Verder is dit 'n pragtige plekkie! Dit is mooi in die winter en ek kan net dink hoe mooi dit n die somer moet wees."
"Underberg Cheesery het die heerlikste kaas. The Olde Duck en Pucketty Farm is definitief die moeite werd."
"Fouriesburg is 'n pragtige dorpie met vriendelike mense, van die winkeltjies is net rerig "overpriced" met hulle produkte."
"Fouriesburg is baie goed geleë. Ons het verskeie plekke kon besoek sonder om ure aaneen hoef te ry. Sal baie graag weer daar wil besoek aflê. "
"Geen kruidenierswinkel beskikbaar nie, so neem jou eie saam."