Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6689 resensies.
"The town is simply beautiful. We travelled through quite a few small Karoo towns and this one really epitomises the ideal. Quiet, relaxing and simple. The drive in and out were lovely and one really feels like you have left the rest of the world behind as you descend into the sleepy little valley. The locals were friendly and the restaurant we ate at (Karoo Lamb) was excellent. One night simply was not enough and I will definitely suggest a full weekend at least. One thing to note, of the three restaurants we enquired at, only the Karoo Lamb was licensed (with a lovely little pub round back). If you are planning on having a drink with your meal, it seems the unlicensed venues let you bring your own."
"Daar is so baie uitstappies en geleenthede om te ontdek in en om Graaff-Reinett. Well worth it om 'n paar dae in die omgewing te spandeer."
"Die hele gesin het Jeffreys vreeslik geniet. Groot strande en vriendelike mense. Was regtig baie lekker."
"Ietwat afgeleë, maar platteland op sy eie met sy eie bekoorlikheid. 'n Vars verandering vir 'n stadsjapie vir 'n oorslaap."
"Fantastiese vakansiebestemming, heerlike strande. Veral Nahoon Beach is 'n lekker swemstrand. Fantastiese winkelsentrums soos Beacon Bay Retail Park, Hemingsway Mall en nog vele meer."
"Die man by die inligtingsentrum het soveel waardevolle inligting gegee wat beslis bygedra het dat ons Rhodes en die omgewing ten volle kon ontdek. "
"Gonubie is baie mooi en ons sal dit beslis aanbeveel vir enige reisiger."
"Besoek gerus die Dust Covers boekwinkel. Een van die beste tweedehandse boekwinkels wat ek al gesien het."
"Dit is goeie waarde vir geld en gaste word selfs per boot by die gastehuis gehaal om by die Marina Wharf te eet, en glo my die kos daar was so lekker dat ons 3 aande in 'n ry daar gaan eet het. Marina Martinique kry 12/10 vir hulle verblyf."
"Pragtige Oos-Kaapse dorp. Naby Bergkwaggapark en Nieu-Betesda (Uilhuis)."
"Have been pleasantly surprised by the area being self-sufficient in terms of restaurants, malls and outdoor entertainment on the edge of the ocean. "
"Graaff-Reinet is 'n lieflike dorp met 'n baie ryke geskiedenis en ook 'n baie spesiale toeristebestemming."
"Skoon, netjies en die mense is vriendelik en hulpvaardig. Ek het probleme met 'n band gehad en Hi-Q het dit binne minute opgelos."
"Ek was aangenaam verras met die dorp en baie spyt dat ek nie langer kon bly om meer te ondersoek en te ervaar nie."