Geverifieerde Resensie
Eastern Free State Highlands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Free State Highlands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3570 resensies.
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Clarens Retreat"Dis die derde keer wat ek nou Clarens besoek het en het nog steeds nie by al die klein plekkies uitgekom nie. Dis net heerlik om in so 'n mooi plek so kuier-kuier rond te dwaal. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Red Mountain House"Bied mens 'n groot verskeidenheid. Pragtige plek. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Studio 28 Clarens"Clarens is beslis 'n sielsverrykende ervaring. Soveel om te sien en doen in en om Clarens. Die majestueuse berge is fenominaal enige tyd van die jaar en pragtig in elke seisoen. Ek sal ter enige tyd enige iemand aanraai om 'n draai in Clarens te maak. Die doen en late asook die kleure en prag van Clarens kan vergelyk word met 'n mooi vrou in elke geur vir 'n ieder en elke smaak, net soos die digter van ouds geskryf het. "My nooi is in 'n nartjie, my ouma in kaneel, daar's iemand ... iemand in anys, daar's 'n vrou in elke geur!" "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Mont Rouge"Pragtige omgewing, vriendelike mense en 'n baie lekker ondervinding om in Clarens rond te stap."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Accommodation @ The Spa"Clarens is 'n baie mooi en lekker dorpie. Ons sal enige dag weer teruggaan."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Knock Out View"Clarens is 'n regte kunstenaarsdorpie! Die wolwinkel se dames verdien 'n pluimpie! Die vriendelikste twee dames en was ook baie behulpsaam! En die mooiste komberse!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
V'Kansi Khaya"Verdeel Suid-Afrikaanse toeriste in twee groepe: Die wat Clarens beleef het en die wat Clarens nog nie beleef het nie!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Fairview Cottages"Dit is een van die mooiste plekke waar ons nog was, en ons was al by baie. Sal definitief weer gaan kuier."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Clarens Cottage 2"Mooi dorpie met baie geskiedenis. 'n Definitiewe aanbeveling vir enige iemand wat uit die stad wil kom en die natuur wil inneem. Go Clarens!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Woodlands Retreat"Such a small yet busy little town that had a lot to offer us on our stay. Packed with smiles and friendliness making it easy to relax and enjoy."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Golden View Luxury Self-Catering"Plekkie raak nou duur maar dit is te verstane. Eks baie bly dis nog nie oorgeneem deur enige van die groot kettingwinkels nie. Mens sien dit bitter min nou."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Lola's Luxury Self-Catering Accommodation"Dit is 'n uitstekende wegbreek-dorpie. Gesellig en vriendelik met asemrowende natuurskoon en so baie om te doen!"
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Uitzicht Game Lodge"Oor die algemeen dink ek die ekonomie speel tans 'n groot rol in die omgewing se ontwikkeling."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Collett House"Hiking was great! We hiked a half-day in Golden Gates from Glen Reenen, then to Cathedral Cave in Golden Gates from Gladstone (Stables), and also in the Clarens conservancy in Clarens - great views. Lunch and live music at Artichoke restaurant in the warm afternoon sun was amazing, but the cheese platter for two was only enough for 1 person. Cheese and cold meat platter at Clarens Brewery was great."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Jovali"Ons besoek Clarens op 'n gereelde basis. Pragtige omgewing."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Rosewood Corner"Pragtig - veral gedurende die herfs wanneer die blare verkleur."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Arundel Studios"Clarens is 'n pragtige Vrystaatse dorpie wat sy eie bekoring inhou. Die restaurante en winkeltjies kan mens vir ure besig hou en Golden Gate is nie ver daarvandaan nie."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Rooiland"Clarens bied alles wat die natuur-, sport-, kultuur- en kosliefhebbers nodig het. "
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Oranje Guest Farm"Dit is 'n baie netjiese dorp. Van die strate in die dorp kan aandag kry."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
RiverWalk Guest House"Baie mooi Oos-Vrystaatse dorpie met beautiful natuur rondom. Verder ook heerlike restaurante en interresante winkels."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Rosewood Corner"Wat opvallend was, baie skoon, geen papiere en vullis wat rondlê nie. Almal is vriendelik, Geen bedelaars in die strate nie. Baie veilig en 'n lekker atmosfeer."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Titanic View - Place of Peace"Clarens is prentjiemooi, ons sal vir seker bly teruggaan."