Geverifieerde Resensie
Eastern Free State Highlands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Free State Highlands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3570 resensies.
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Vista 70 Clarens"Nogsteeds 'n lekker toeristebestemming alhoewel ons die baie kunswinkels gemis het."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
By the Way Gastehuis"Clarens bly 'n spesiale plek en dit is verblydend dat daar nuwe besighede vestig."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Cherry House"Fouriesburg is 'n perfekte oornagdorpie eerder as 'n bestemming."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Gypsy Guest House Clarens"Clarens is 'n pragtige plekkie met die mooiste natuur om na te kyk."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Stonehaven Clarens"Clarens is ons ontspanne wegbreek en ontvlugting waar ons kan ontspan en onsself gate uit geniet!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Periwinkle Blue"Clarens is die perfekte wegbreekdorpie. Prentjiemooi, outentiek, karaktervol, goed versorg met goeie restaurante, baie staproetes en doendinge."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Willow Manor Akkommodasie"Clarens bly vir my 'n heerlike plekkie om in rond te kuier en te ontspan en my batterye te herlaai tot ek weer daar kan uitkom."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Mont Rouge"Clarens is pragtig en die perfekte beginpunt om die Golden Gate Park te verken."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
414 Rose Cottage"Beurtkrag het nogal gelol maar die gees is onblusbaar."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Larola 37"Lovely destination where one can safely walk around town and enjoy both nature and leisure shopping."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
V'Kansi Khaya"Ons ervaring was dat twee dae in Clarens wat uiteet betref feitlik onbekostigbaar is. Ek besef dis die speelplek van die hoë inkomste groepe in ons land en dat ons "gewone outjies" nie veel seggenskap hieroor het nie. Ek besef ook kostes van voedsel het geweldig gestyg en Clarens sit baie uit die pad wat vervoerkostes van voedsel verder opstoot. Maar is daar 'n moontlikheid dat daar tog net gekyk word na dit?"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Groenhoek Guest Farms"Loadshedding en die gevolglike gebrek aan water in Clarens was kommerwekkend in 'n tyd waar die dorpies afhanklik van toerisme is. Yaroma het egter 'n watertenk en die watertekort het ons nie beïnvloed nie."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Nougat Cabin"Clarens surprised us with its beauty and the many things we could see and do there. The Golden Gate National park was a high point, my daughter did some horse riding. We enjoyed the town and all it has to offer, especially Highland Coffee where we had delicious coffee and croissants every morning after our walk with the dogs... beautiful walks through the forestry areas were fantastic for us and our two dogs. We had a magical holiday and will return soon! We did some fly fishing at the beautiful De Molen farm, which blew us away with its breathtaking surroundings. All in all an amazing stay."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Lavender & Rust"Kos vir die siel. Ongelooflike bestemming om te herlaai en natuur ten volle te geniet."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
La Poste Apartment"Gebruik Maluti Mountain Adventures vir quad bike in die berge. Dit was ongelooflik!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Jovali"Bly om te sien dat daar altyd iets nuuts is om te sien en te doen in Clarens."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Stonehaven Clarens"Die beste plek om te ontspan in die Vrystaat."
Rosendal, Oos-Vrystaatse Hooglande
The Rosendal Post Office"'n Heerlike naweekbestemming, die pad na Rosendal is erg verspoel - 'n hoë kar is essensieel."