Geverifieerde Resensie
Escape From Durban
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Durban bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 4354 resensies.
St Michael's-on-Sea, Ontsnap Uit Durban
Ipanema 3"St Michael's-on-Sea is 'n pragtige strand wat nie so toeloop van mense het nie. Met ander woorde jy kan 'n rustige dag op die strand geniet sonder om vertrap te word. Dit is ook baie sentraal geleë en naby aan alles wat nodig is. 'n Juweel aan die Natalse Suidkus!"
Zinkwazi Beach, Ontsnap Uit Durban
Black Rock Beach Cottage"Die winkels en garage is net ver. So, sal aanbeveel dat jy jou goed saamvat. Dis 'n stil strand met baie rotse, maar dit pla my nie. Ek geniet dit om te hoor hoe naby jy aan strand is en elke brander kan hoor breek. "
"Wonderlike bestemming - so baie om te sien en doen. Besonder skoon en veilig."
Leisure Bay, Ontsnap Uit Durban
Leisure Bay Self-catering"I adore this area. So many thing to do for adults and kids. Aqua parks, nature reserves, play parks, game drives, coffee and banana farms, great places to eat, etc."
St. Lucia-riviermonding, Ontsnap Uit Durban
Oppi Rotse"Ons geniet St Lucia baie, die natuur is pragtig en so ook is dit skoon en netjies, dankie."
Shaka's Rock, Ontsnap Uit Durban
Ocean Gorge Seafront Getaways"Dit was my eerste keer in Shaka's Rock en ek het dit ten volle geniet. Dis baie stiller as in Durban en het 'n baie beter atmosfeer vir ons gehad."
"Baie rustige kusdorp, definitief 'n plus vir hengel van die rotse af. Ideaal vir mense wat lief is vir stap en die natuur. "
Meer-en-See, Ontsnap Uit Durban
La-Rene"Ons geniet dit altyd om soontoe te gaan. Dis meestal baie rustig en mense baie vriendelik. "
St. Lucia-riviermonding, Ontsnap Uit Durban
Forest Lodge"Ons is vreeslik lief vir die bestemming, en het al vantevore ook hierso besoek. Daar is vreeslik baie lekker uitstappies en mens behoort hier te besoek vir ten minste 4 dae om als te ervaar."
Shelly Beach, Ontsnap Uit Durban
Eden Dunes 58"Buite seisoen is dit rerig stil,en alles wat jy nodig het is baie naby die woonstel. Bekostigbare eetplekke net om die draai, en hang af hoe avontuurlustig jy is, is daar genoeg plekke en besienswaardighede as jy bereid is om 'n bietjie uit te ry."
Manaba Beach, Ontsnap Uit Durban
Queen Elizabeth 3"Manaba, asook groot dele van die Suidkus, is tans deurspek met misdaad. Ek kom van Gauteng en voel onveilig in die Suidkus."