Geverifieerde Resensie
Graaff-Reinet
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Graaff-Reinet bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1354 resensies.
"Die gholfbaan is pragtig versorg en 'n groen juweel langs die rivier. Ons het 'n goeie 9 gaatjie-rondte gespeel."
"Lovely, historical town, most places close by to walk. Great restaurants. All in all, will be back again."
"Ons het spesifiek 'n ekstra dag gebly om Graaff-Reinet en omgewing te verken - en sal in die vervolg sal ons weer so maak aangesien daar nog so baie is om te sien en doen."
"Ongelooflike natuurskoon en heelwat besienswaardighede. Kultuurskatkis in 'n pragtige vallei. "
"Pragtige, geskiedkundige dorp. Besoek gerus die kerk in die middel van die dorp."
"Slaap gerus 'n paar nagte oor en verken die dorp en omgewing. Ek dink dit is wat mense met Karoo-gasvryheid bedoel. "
"Ten spyte van die knellende droogte bied Graaff-Reinet 'n verskeidenheid besienswaardighede. Die netheid van die dorp is opvallend."
"'n Besondere interessante plek in 'n histories-ryke omgewing, beslis die moeite werd om meermale te besoek en te verken."
"Die munisipaliteit kan meer doen om seker te maak die strate het name en dat die paaie se merkers duidelik te sien is."
"Lekker warm daar. Maar lekker in die straat geloop. En lekker geëet by een van die restaurante. "
"Graaff-Reinet is a beautiful old world town. Amazing architecture. So much history. A clean town with lots to see or do."
"Ons het water vir die dorp saamgeneem wat so nodig was. Dit was lekker om die vallei van Verlatenheid te besoek asook om deur die dorp te stap. "
"Dit het ons harte baie seer gemaak om te sien hoe droog dit is, maar ons het water saamgeneem, sodat ons nie die druk op die dorp vererger nie. Al was daar absoluut geen water nie, sou ons steeds daarheen reis."