Geverifieerde Resensie
Graaff-Reinet
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Graaff-Reinet bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1354 resensies.
"'n Paar aangename plekke om te besoek, veral die Vallei van Verlatenheid. Baie warm, so maak seker jou verblyf plek het 'n swembad."
"Baie historiese plekke in en om Graaff-Reinet. Dit is immers die vierde oudste dorp in Suid-Afrika. Sal definitief weer daar oornag en beslis oorweeg om dalk 'n dag langer te bly."
"Wees voorbereid van Graaff-Reinet se weerskommelinge en maak seker jou oornagplek is met lugreëling toegerus. Dis 'n skoon dorpie vele besienswaardighede."
"Die mooiste dorpie en baie komplimente oor hoe skoon en netjies die dorpie is. Mense vriendelik en lekker eetplekke."
"Die pragtigste mees versorgde en geskiedkundige dorp in die land. Karoo op sy beste!"
"Dit was my eerste besoek aan Graaff-Reinet en dit was baie opvallend hoe ryk aan geskiedenis die dorpie is. "
"Dit is 'n pragtige ou dorpie en word so mooi gerestoureer. Daar is ook 'n lieflike Vet plant Kwekery en goeie restaurante."
"Graaff-Reinet is a magic old town that is definitely part of South African's history and definitely worth visiting."
"Graaff-Reinet hou vir my 'n besondere bekoring omdat ek die voorreg gehad het om daar te studeer as 'n aspirant-onderwyser. Die hele dorpie is so mooi en netjies, die mense is nog steeds na al die jare vriendelik en gaaf, die kuierplekke is nou natuurlik baie meer volop, nog steeds gasvry en billik in prys en kwaliteit van aanbieding. Ek sal môre soontoe aftree as die geleentheid sou kom."
"I was a bit disappointed by Graaff-Reinet, we found the town quite littered and many of the street names and signs are missing. More importantly some of the monuments are defaced and there appears to be a growing indigent problem. We did arrive on Friday afternoon at the end of the month on the start of a long weekend and the shops were very busy. We did some shopping on the Saturday and without exception the shop attendants were polite and helpful. On our way back the following Thursday the town appeared much cleaner."
"Somersetstraat brei meer en meer uit, en dis baie oulik. Ek voel bietjie onveilig hierdie jaar, wat jammer is, want ek is baie lief vir die klein plekkie."
"Maak seker om die Vallei van Verlatenheid te besoek. Die toegang van R39 per persoon (gratis met Wildcard) is verbind aan verbeterde geriewe en instandhouding. Trek stapskoene of ten minste plat skoene aan. Die mooiste dele is 'n paar minute se stap."
"Verrassend om in so skoon dorp in te ry. Die restaurante is ook 'n groot pluspunt."