Geverifieerde Resensie
Hopetown
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hopetown bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.3 uit 5 gekry volgens 169 resensies.
"Hopetown is werklik 'n oase na 'n lang pad deur 'n droë Karoo, met al die groen op die Oranjerivier."
"Die dorp het goeie potensiaal, maar daar blyk nie 'n saamstaanaksie te wees om die dorp op die kaart te plaas nie - dorp is in meer as 1 opsig erg verwaarloos wat mens onseker laat oor jou neus by die deur uit te steek. Daar is ook nie aksies deur gastehuise om jou met 'spesiale vervoer' bakkies of bussies na besienswaardighede te vat nie - wat natuurlik op 'n warmsdag 'n swemplek kan insluit. Die wildsplase doen dit met groot sukses."
"Kleindorpie gevoel en weg van die stad se gejaagdheid. Vriendelike en rustige mense."
"Tipiese, hedendaagse plattelanse dorpie met vuil strate vol slaggate en bedelaars voor winkels. Geen behoorlike restaurante nie. "
"Dit is 'n klein dorpie met slegs een restaurant, maar die mense is baie vriendelik en ons het baie lekker by die Tafel 42 Restaurant geëet."
"Hopetown is very small, but a perfect halfway house between Jhb and Cape Town."