Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Karoo

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11594 resensies.

Beaufort-Wes, Karoo

X Ventures

"Baie goed. Het die Karoo Nasionale Park baie geniet."

Beaufort-Wes, Karoo

Aandblom Guesthouse

"Goeie ligging vir oornag stop oppad na die Kaap."

Beaufort-Wes, Karoo

Steenbokkie Nature Reserve

"Die Sceurfontein padstal 50 km anderkant Beaufort-Wes is 'n moet stop. Ons het ontbyt daar geëet en allerhande hangemaakte artikels besigtig asook heerlike skaapwors, vleis, pasteie en ingelegte goedjies teen baie billike (bekostigbare) pryse aangekoop. Moenie verby ry nie."

Prins Albert, Karoo

Karoo View Cottages

"Karoo Kombuis was 'n verrassende lekker ete."

Gariepdam, Karoo

Gariep Inn

"Het Gariepdam baie geniet asook die Gariep Forever Resort se fasiliteite!"

Colesberg, Karoo

Nanna Rous' Town House

"Eerste besoek aan Colesburg. Ons het padaanwysings gevra na die plaaslike museum, die man het hom self voorgestel as 'n ene Ernie wat n motorherstel besigheid besit. Hy het gevra ons moet asb saam hom stap as ons hou van outentieke goed. Dit was vir ons net een te veel want waar kry mens nog sulke gasvrye mense. Wat ons daar gesien het was al klaar n stap in die verlede. Ons het dit opreg waardeer dat hy sy plekkie waar hy hordes oudhede bewaar met ons gedeel het. Die meeste mense is vriendelik en groet mens of hulle ons ken. Beveel mense aan om oor te slaap in Colesberg."

Beaufort-Wes, Karoo

Little Green World

"Nie meer so veilig vir enkelreisigers nie."

Gariepdam, Karoo

Gariep Inn

"Ons slaap gereeld in die area oor en sal dit waarskynlik weer doen. Dankie."

Prins Albert, Karoo

Elfen House and Cottage

"Baie skoon en mooi dorpie, met 'n rustige atmosfeer."

Colesberg, Karoo

Chrizaan Guest House

"Die boerbokke wat so in die strate loop was vir my te skattig. Die winkels is gerieflik naby geleë aan Chrizaan."

Colesberg, Karoo

Hazeldene

"Lekker oorslaap op terugreis van Stilbaai."

Beaufort-Wes, Karoo

Ons Huisie

"Hart van die lieflike Karoo met sy vriendelike inwoners."

Graaff-Reinet, Karoo

Beau & I

"Pragtige ou dorp met baie ou geboue en monumente asook wonderlike natuur aan die buitewyke."

Hanover, Karoo

Boutique Guesthouse Hanover

"Die bedelaars bly 'n problem omdat ons hou van loop. As 'n bestemming is daar besoekpunte nodig soos sportfasiliteite, vermaak, winkels, geskiedenis. Dis net die laaste wat in oormaat is maar beter aangebied kan word. Maak nie saak nie, ek sal weer kom!"

Graaff-Reinet, Karoo

Beau & I

"Die dorp is goed versorg en het baie historiese waarde."

Graaff-Reinet, Karoo

4 Rothman Street B&B

"'n Pragtige Karoo dorpie wat ek op 'n latere geleentheid meer wil verken."

Willowmore, Karoo

Lapidaria

"Oulike dorp. Netjies en skoon met vriendelike mense."

Nieu-Bethesda, Karoo

And The Cow Jumped Over The Moon...

"Die plek is 'n MOET om te besoek."

Gariepdam, Karoo

Gariep Gardens

"Pragtige plekkie in die hartjie van ons land."

Beaufort-Wes, Karoo

Haus Holzapfel

"Oor die jare was die dorp bloot 'n oornagplek. Slegs eenkeer het ons die tyd geneem om die besienswaardighede te verken - en dit was baie interessant. "

Beaufort-Wes, Karoo

Die Windpomp Guesthouse

"Die Karoo Nasionale Park is 'n moet sien vir almal!"

Prins Albert, Karoo

Karoo Khaya

"Baie netjiese dorp."

Colesberg, Karoo

Hazeldene

"Baie netjiese dorp."

Graaff-Reinet, Karoo

Profcon Resort

"Lekker om te besoek, ook goeie restaurante."

Krakeelriver, Karoo

Weskus Cottage @ Grootnek Guest Farm

"As jy tyd en 'n hoë voertuig het, ry gerus die Onder-Kouga sirkelroete, dis 'n pragtige omgewing!"

Beaufort-Wes, Karoo

Die Windpomp Guesthouse

"Beaufort-Wes is maar 'n stil dorpie. Natuur van Beaufort is pragtig."

Graaff-Reinet, Karoo

KarooRus

"Pragtige dorpie met baie mooi berge en bome."

Graaff-Reinet, Karoo

Aan Die Oewer Graaf-Reinet Guesthouse

"Daar is pragtige plekke om te besoek. Reinet Huis is 'n museum op sy eie en die vetplantversameling by Obesa is om van te droom."

Blad
Blad 371 - Wys 11101 tot 11130
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang