Verified Reviews
KwaZulu-Natal
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in KwaZulu-Natal
Rated 4.4 out of 5 based on 6974 reviews.
"Strande van Winklespruit tot Warner strand was gesluit vanweë Ecoli. Volgens die mediabron, South Coast Sun is die strande alreeds vanaf November 2022 gesluit vanweë die hoë Ecoli-bakterieë tellings in die see en pogings van die stadsraad om dit oop te stel was aan en af. So vir die byna 10 dae wat ons daar was, was die strand taboe. So ongelukkig en met gròòt teleurstelling kon ons nie op die strand gaan stap of swem nie vanweë 'n walglike rioolreuk wat ook dikwels woonstel toe gewaai het sodat ons met geslote vensters moes sit. Ons het dus verskeie kere Scottsburgh toe gery, wat eintlik die hele idee van 'n plekkie binne strand-loopafstand gekanseleer het. Alhoewel die woonstel mooi is, moet jy dus katvoet loop vir die omgewing."
"Pragtige plek om op vakansie te gaan en is baie om te doen. Sal definintief weer Uvongo besoek."
"Heerlike plek om vakansie te hou. Alle groot winkels en wat jy nodig het is beskikbaar."
"Balito is the only place to go these days, as it's the safest and cleanest of all the beaches we went to every year."
"Die strand en dorp het baie agteruitgegaan sedert ek laas daar was - 'n hele paar jaar gelede. Ek het effens onveilig gevoel by die strand en langs die see."
"Naby genoeg aan Durban, maar nie te naby om in die gewoel te wees nie. Goeie middelpunt van waar ons wou wees."
"Manaba is nog aanvaarbaar maar Margate gaan agteruit en gevaarlik om snags daar te loop."
"Umhlanga is ongelooflik skoon en netjies. Die paaie is in 'n baie goeie toestand."
"Dis ideaal geleë, uit die pad, maar naby al die groot belangrike plekke."
"Veiligheid gaan in die toekoms 'n faktor wees. Baie leeglopers en boemelaars om elke hoek en draai. Polisiering in strate baie swakker as in Durban. Oord self is veilig, maar strate het verseker risiko's wat misdaad aanbetref."
"Skoon en rustig, ek sal by die winkel bietjie meer goed hê en 'n vrieskas wat daar dalk soos wors verkoop."
"St Lucia is a stunning destination, just a pity some of the daily "upkeep" is not being maintained. Loads of water issues, as well as terrible ablution blocks not only at Cape Vidal but at the Croc centre as well."
"Ons wou by Ramsgate blou vlag strand gaan swem maar strand was toe agv besoedelde water. Margate hoofstrand en Lucien strand is ook later toegemaak. Ons het toe Uvongo toe gery en daar geswem."