Verified Reviews
Limpopo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Limpopo
Rated 4.3 out of 5 based on 2317 reviews.
"Die omgewing is mooi, maar Polokwane is nie die skoonste dorp wat ek al gesien het nie en daar is kort-kort 'n waterprobleem."
Leeupoort Vakansiedorp, Limpopo
Leeupoort Plaashuis"Bekostigbare wegbreek. Kom in baie nabye kontak met wilde diere in natuurlike omgewing. Kon so nou en dan doef-doef-musiek hoor van oorkant die teerpad, maar dit was darem nie te steurend nie."
"We enjoyed Inniberg coffee shop in the town of Haenertsburg. The town is very small but has a basic store of essentials."
"Expect for the potholes that cost me my tyre, Bela-Bela is a wonderful place with all its springs of water."
"Die area is pragtig. Van die besienswaardighede is wel toe, of nie so maklik om by uit te kom nie. Maar as jy bietjie navorsing doen en voor die tyd bel en reel sal jy vind wat jy nodig het. Besienswaardighede is ook redelik ver uit mekaar, en ver van die spesifieke verblyf af so ons het redelik gery."
"Die dorp self het nuwe ontwikkeling en inkopiewinkels het alles wat toeriste sou benodig. Ongelukkig is die omliggende grondpaaie beter onderhou as die munisipale teerpaaie en is daar baie verwaarloosde infrastruktuur wat 'n mens afskrik."
Leeupoort Vakansiedorp, Limpopo
LaPumba"Rustige dorpie waar 'n mens kan ontspan en die natuur en diere volkome kan geniet."
"Daar is 'n koöperasie waar mens brandstof kan ingooi en basiese benodigdhede kan koop sou mens iets vergeet het, soos ons wat ons tandeborsels vergeet het."
"Waterberge is pragtig, seker meer om te sien op pad Musina toe as mens net veilig gevoel het."
"Ons sou net graag meer aktiwiteite in die area wou sien. Ons het Saterdag 4 ure rondgery, seker 20 websites besoek en seker 10 plekke gebel vir 'n game drive, maar ongelukkig offer niemand dagbesoeker-gamedrives nie, wat so bietjie van 'n teleurstelling was aangesien mens bos toe gaan om diere te sien. Daar is talle lodges in die area, maar niemand offer 'n game drive indien jy nie by hulle slaap nie."
Leeupoort Vakansiedorp, Limpopo
Wharthog Corner Leeupoort"Fantasties, so na aan die natuur en die rus en vrede is hemel op aarde."
"Definitief die moeite werd. Padstalletjies is teleurstellend en pryse is te duur van die beperkte artikels wat beskikbaar is. Debengeni-waterval is 'n hoogtepunt."
Leeupoort Vakansiedorp, Limpopo
LaPumba"Indien jy Leeupoort een keer besoek, sal jy beslis weer terugkeer."