Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 3739 reviews.
"Ongerep, minder "Hermanus" as bv. Clarens, maar naby alles. Goeie opsie vir diegene wat Lesotho wil besoek, omdat dit so naby is aan die grens en klomp ryery uitskakel, daar is nie groot winkels en apteke nie, so maak maar seker jy het skaars persoonlike items, goeie slaghuis, so kry jou vleis daar."
"Ons verblyf was te kort, het nie die keer Fouriesburg self besoek nie, maar op grond van 'n vorige besoek is dit 'n mooi dorp."
"Heerlike wegbreek as mens wil lekker rus. Sal dalk net help as mens weet watter winkeltjies wanneer toemaak."
"Baie interessante dorp. Ons sou graag meer wou sien, maar omdat ons laat die middag op Clarens aangekom het was baie van die winkeltjies en retaurante reeds toe."
"Dis die moeite werd om 'n besoek aan Clarens te kombineer met 'n besoek aan Golden Gate."
"Dis altyd lekker, vriendelik in Clarens. Party verblyf is duur, Die Kruik uitstekende waarde vir geld."
"Baie mooi ou dorp met baie oulike winkeltjies, bietjie duur, die uitsig oor die berge is baie mooi. "
"Beautiful scenery and lots to do and see - will highly recommend a visit to this little town!"
"Winkeleienaars is glad nie vriendelik nie, asof jy hulle iets skuld as jy in hulle winkel rond stap."
"Baie aangename dorpie om te besoek, maar die oorvloed mense was bietjie erg. Kon glad nie plek kry in enige van die beter restaurante in die dorp nie."
"Clarens was nog altyd 'n topklas-destinasie. Solank as wat dit nie verder uitbrei nie, maar net so bly, behoort dit altyd n lekke plek te wees om heen te gaan."
"Vriendelike mense, oulike restaurante, pragtige kuns! Gunsteling naweek-bestemming!"
"Klein plekkie met groot skop. Oor 'n naweek is dit 'n besige plek met baie dinge om te sien."
"Asemrowende plekkie! Dit voel soos 'n ander wêreld as mens daar is. So asof mens nie eers meer in Suid-Afrika is nie. Amazing!"
"I think Fouriesburg is a great launching pad for Lesotho and Clarens. I would recommend Fouriesburg to anyone looking to stay in that part of the country. It is very quiet and rural, with no hustle and bustle, which would suit travelers who don't want the busy environment of Clarens."
"Clarens is enig in sy soort, in die mooiste omgewing en altyd baie lekker om 'n blaaskans daar te geniet. Die winkels van Clarens is baie interessant, maar bietjie duur."
"Nie so sprokiesagtig sonder sneeu nie: droog en stil in Junie, maar 0 grade C in oggende!"
"Clarens is wonderlik en daar is veskeidenheid dinge om te sien en doen sowel as heerlike eetplekke. Dit is 'n pragtige wêreld en moet besoek word. Daar is ook baie oulike koffieplekke in die hele omgewing. Probeer gerus Die Bus Stop net buite Clarens op pad na die Golden Gate Natuurreservaat."