Geverifieerde Resensie
Margate
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Margate bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1122 resensies.
"We enjoyed our time in Margate/Uvongo. It has all the shops, restaurants and coffee shops that one requires, and it was a very pleasant experience."
"Uvongo was by verre die lekkerste vakansie plek ooit, ons was al by al die omliggende strande en dorpies maar Uvongo se strand was vir ons nog die lekkerste, dit was baie besig maar dit was baie lekker."
"'n Positiewe punt: die natuur is pragtig en groen. Dit was 'n lushof vir die oog. Al die inkopiesentrums is baie naby aan Laguna en maak die verblyf ook gemaklik."
"Dit is baie gerieflik en jy kan binne minute na ander vermaaklikhede toe ry. Dis skoon en netjies."
"Dis baie sentraal geleë aan al die toeriste attraksies en die strande is baie mooi en nie gewoonlik oorvol nie."
"Daar was 'n klomp walvisse wat elke dag daar kom speel het en die dolfyne het ons net so vermaak. "
"Die omgewing is baie gerieflik en sentraal geleë. Ons gaan gereeld na La Cote D Ázur, wat natuurlik 5 ster-gehalte is."
"Die area laat jou voel asof jy jou eie rustige strand besit. Vriendeliker mense as die "locals" gaan jy nie sommer kry nie. Dit is 'n idilliese plek van vrede en rustigheid. 'n 10 uit 10 toeriste bestemming."
"Please bring back the theme park, it served as great entertainment. The beach is beautiful and clean."
"Te veel om oor te praat, hierdie spasie is beslis te klein om alles op te noem, net een woord sal alles opsom: onvergeetlik!"
"Dit was en sal nog altyd 'n stand met waarde vir jou geld wees. Almal was gerus en veilig op die strand."
"Lekker naby baie plekke. Als hang af van jou behoefte af. Naby gholfbane, strande, eetplekke en mooi uitsigte. Walvisverskynings was volop, asook 'n paar dolfyne. Die kusgebied is ongelukkig egter baie besoedel."
"Een van die beste strande vir die vissermanne. Altyd 'n plekkie om lyne nat te maak."
"St Michael's-on-Sea is 'n pragtige strand wat nie so toeloop van mense het nie. Met ander woorde jy kan 'n rustige dag op die strand geniet sonder om vertrap te word. Dit is ook baie sentraal geleë en naby aan alles wat nodig is. 'n Juweel aan die Natalse Suidkus!"