Geverifieerde Resensie
Margate
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Margate bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1122 resensies.
"Buite seisoen is dit rerig stil,en alles wat jy nodig het is baie naby die woonstel. Bekostigbare eetplekke net om die draai, en hang af hoe avontuurlustig jy is, is daar genoeg plekke en besienswaardighede as jy bereid is om 'n bietjie uit te ry."
"Manaba, asook groot dele van die Suidkus, is tans deurspek met misdaad. Ek kom van Gauteng en voel onveilig in die Suidkus."
"Gaan geniet die skoon strand, baljaar in die branders, 'paddle' e' kano in die strandmeer."
"As jy van die beach hou en jy is jonk is daar baie te doen. Vir ouer egpare vind ons nie veel om te doen nie. Elke dag n ander coffee shop? "
"Margate is 'n verskriklike lekker plek. Een van die mooiste plekke wat daar is. Dis lekker naby alles: Kart Freaks (baie lekker plek) Lake Eland, krokodilplekke, ensovoorts"
"Dit sal lekker wees as Margate se swembad reg was om in te swem. Margate se akwarium was ook buite werking. Om Margate 'n beter toeristebestemming te maak, stel ek voor hulle kyk daarna. Ons wil in die water speel, vissies sien ens. Hulle moet die plek weer 'n bietjie opkikker."
"Behalwe vir die swak kwaliteit van die drinkwater, is dit 'n uitstekende toeristebestemming. Die seewater is baie helder en lekker warm hier, veral by Lucien-strand. Dit is uitstekend vir 'n dag op die strand."
"Uvongo is nog altyd 'n lekker vakansiebestemming gewees en ons voel steeds dieselfde oor die Suidkus."
"Nog net so mooi soos 30 jaar gelede toe ek die eerste keer my voetspore gelos het op die strand!"
"Alles wat jy benodig is daar en binne loopafstand. Dit is nie so besig soos omliggende plekke nie, maar binne 5 minute is jy op plekke met verskeie opsies."
"We stayed in Shelly Beach which we feel is a better destination that in Margate itself (this is only because we have a young child). Teenagers will prefer the vibe of Margate during the peak seasons."
"Is van plan om in daardie omgewing 'n eiendom te koop. Ek sal enigetyd iemand aanbeveel om daar met vakansie te gaan bly of selfs te gaan woon. Die mense is verskriklik vriendelik en behulpsaam. Rustige area, lieflike see! Pragtige area. "