Geverifieerde Resensie
Mossel Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mossel Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 2002 resensies.
"Baie lekker resturante en klein interessante winkeltjies om jou vir ure besig te hou."
"Dit was my vakansiebestemming as 'n klein seuntjie, so dit sal altyd 'n spesiale plek vir my wees."
"Wil weer terug gaan na Hartenbos / Mosselbaai. Skoon, veilig, vriendelik en ongelooflike uitsigte."
"Ongelooflike plek en vriendelike mense. Ons kuier altyd lekker en gaan na al die oulike plekkies in Mosselbaai. Beste plek om te gaan vakansie hou."
"Die kabelglybaan wat voor die hotel verbygaan het ons by navraag by die Spur wat ook daar by die hotel is gehoor, hulle verstaan dit is om en by R650.00. Dit klink vir my buitensporig as jy dink die rit neem seker maksimum 1 minuut. Die res van die omgewing bied heelwat, ons het net 1 aand in Mosselbaai oorgeslaap."
"Mossel Bay is amazing, and if you haven't been to Mossel Bay and Hartenbos yet you have no idea what you are missing."
"A place to really get away from the fast pace of life. People are very different."
"Mosselbaai is 'n rustige omgewing. Ek hou van die vars seelug wat ek elke oggend kon inasem. Sal definitief weer gaan."
"Baie lekker met baie restaurant- en koffiewinkelgeriewe, lieflike uitsig oor die baai en aangename mense, maar sal eerder Heroldsbaai aanbeveel."
"Sentraal geleë vir besoeke aan ander dorpe se toerisme-aantreklikhede. Het self 'n paar jaar terug in Mosselbaai gebly en het sommer weer tuis gevoel."
"Amazing plek. Wat ons dadelik opgetel het is hoe skoon die omgewing is & die mense is verskriklik vriendelik. Pragtige plek & rustig. Kos vir die siel. Jy vergeet van die Gauteng malligheid & gejaagdheid."