Geverifieerde Resensie
Mossel Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mossel Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 2002 resensies.
"De Nova is a quick drive from the beach and close to all amenities and walking distance to a shopping centre close by."
"Die Wes-Kaap is pragtig, nie net Mosselbaai nie, alles en almal is net anders as in Johannesburg. Die mense is vriendelik, alles in die Wes-Kaap is so mooi, oral waar jy ry. Ons is baie lief vir die Kaap!"
Sentraal Mosselbaai, Mosselbaai
Sandstone Manor"Dit bly 'n pragtige dorp met uitstekende herinneringe en restaurante."
"Lekker plek om paar dae deur te bring. Ons het die ou sandsteengeboue baie geniet."
"Baie mooi en uitstekende vakansie plek vir enige persone wat uitsien na 'n lekker vakansie en wegbreek."
Sentraal Mosselbaai, Mosselbaai
Sea View Charming Stone House"Dis nie die greatste area om in rond te stap nie en jy ontmoet 'n paar vreemde karakters wat jou vir geld vra."
"Mosselbaai is net een van daai plekke wat jy net moet gaan verken. Die see is magneties en die mense van Mosselbaai is baie vriendelik. Ek sal nou nooit weer net verby ry sonder om 'n draai by die see te gaan maak nie."
Mosselbaai Gholflandgoed, Mosselbaai
Tranquillo"Die vriendelikste mense in Suid-Afrika bly op die landgoed en gaan uit hulle pad uit om mens welkom te laat voel. Die baan is in 'n goeie toestand met die mooiste uitsig op die oseaan, "you see the sea from every tee"."
Sentraal Mosselbaai, Mosselbaai
Golf Paradys"Sentraal Mosselbaai in 'n neutedop is naby alle toeriste-oorde, winkels, skole en sportfasiliteite! Definitiewe aanbeveling."