Geverifieerde Resensie
Nieu-Bethesda
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Nieu-Bethesda bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 562 resensies.
"Mooi omgewing in vallei. Unieke atmosfeer in dorpie. Uilhuis baie geniet. Brouery het teleurgestel met die bier, was sonder gas en baie smokey. Hoop dit was maar net 'n slegte batch."
"We did not feel to pay R70 per person to see Owl House but thoroughly enjoyed the local Brewery with its great atmosphere and beer."
"Beslis die moeite werd om te besoek, besonderse plattelandse dorpie uit 'n era wat verby is, maar baie goed behoue gebly het weens die ooglopende aktiewe gesindheid van eienaars en inwoners."
"Baie meer as net die Uilhuis om te ervaar. Neem ook baie kontant saam oor daar min kaartgeriewe is."
"Nieu-Bethesda is soos 'n oasis in die dorre, maar bergagtige Karoo. Die grond- en teerpaaie na die dorpie is in goeie toestand, en die mense is vriendelik en tegemoetkomend. Die Uilhuis is 'n moet, maar daar is verskeie ander restaurante en 'n craft-brouery om by aan te klop. As jy 'n fietsryer is, daar is meer as genoeg plekke om te gaan verken. Al die restaurante en winkeltjies waar ons was het kredietkaarte aanvaar. As jy 'n fotograaf is, onthou jou 24 mm-lense - die sterrenag is kristal helder."
"Picturesque little town with stunning mountain backdrops. Owl-house and fossil tour was great. Also many great restaurants. We ran out of time, but would have loved to explore all the art galleries/little shops and Bushman art."
"Nieu-Bethesda is waarlik 'n juweel, ek het my hart daar gelos. 'n Lekker stapdorpie met genoeg om te doen."
"If you have never visited, this is a lovely town, a must see! Worth the small diversion from Graaf Reneit!"
"Ongelooflike ontdekkings in die oënskynlike vaaljapie-dorpie. Meer as 'n oornagplekkie."
"Die stop by die brouery is altyd op ons agenda. Geniet altyd die lekker platter saam met die heuningbier en apple cider. Ook alte heerlik geëet by die kunsgalery. Hierdie keer het ons vir 2 aande oorgebly en die pad opgery tot by die bankie. Wat 'n lieflike uitsig van Nieu-Bethesda. Dit sal ook nou in instelling word en wil volgende keer daar wees as die son ondergaan."
"Nieu-Bethesda het 'n besonderse atmosfeer van rustigheid en 'n skilderagtige dorpie."
"Wonderlike rustige dorpie met vriendelike mense en vol interessante stories. Ons het dit baie geniet."
"Nieu-Bethesda is bekend vir die Uilhuis, maar daar is soveel meer om te doen, maar mens hoef nie elke dag rond te hardloop nie. Dis ook 'n baie lekker lê-en-rus-dorpie. Die mense is vriendelik en behulpsaam. Sou jy iets nodig kry wat jy nie by die plaaslike winkeltjie kan kry nie, is die rit Graaff-Reinet toe 'n baie lekker een."
"Die dorpie voel soos regte platteland. Ongelooflik rustig en sooo veilig. Die uilmuseum was baie besonders. Sal die ervaring nie vergeet nie."
"An amazing little town. We loved walking the streets and meeting some of the very friendly and helpful locals. A great place for a break."
"Nieu-Bethesda is die beste plek om weg te kom van die bedrywige lewe in die stad. Dit is rustig en skoon en die beste plek om af te skakel en te ontspan. Die Karoonagte is heerlik koel en dit voel asof die sterre sommer baie nader is as op enige ander plek."