Geverifieerde Resensie
North Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in North Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1889 resensies.
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
The Estuary Guest Chalets"Baie oulike plekkie. Ons sal verseker weer daar bespreek."
"Sal enige tyd weer Ballito besoek, geskik vir oud en jonk, kan dit ten sterkste aanbeveel! Die natuurskoon is asemrowend, strande is skoon, en mense is vriendelik. Hoop ons kan binnekort weer 'n draai maak!"
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
Flamboyant 10"Pragtige natuurtonele. Wonderlike vakansiedorpie. Sal weer teruggaan. Ons vakansie was egter heeltemaal te kort!"
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
Flamboyant 17"Het lekker gerus en is sommer naby alles. Puik plekkie vir enige iemand wat wil rus. Sal weer hulle diens gebruik."
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
The Bridge 19 Self-catering"Dit is die mooiste plek! Die bome is almal gemerk met name op wat vir my baie goed was, want ek hou daarvan om te leer van nuwe boomsoorte wat ek nie ken nie. En die diere! Ons het tot renosters gesien!"
"Ballito as vakansie bestemming is een groot plesier. Van vriendelikheid, netheid van strande, sekuriteit en verblyf kon ek niks fout vind mee nie."
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
Stone Ridge Luxury Self-Catering Units"Dit is besonders mooi en daar is genoeg om te doen!"
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
The Estuary Guest Chalets"St Lucia itself is beautiful and a good travel destination especially in winter when cold everywhere else in the country, but not in St Lucia!"
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
Tree Top Village @ Urban Glamping"Ons was 'n groot gesin en het vandat ek kan onthou minstens 1 keer per maand daar gaan visvang toe dit al was wat jy in St Lucia kon doen. Deur die jare het die plek totaal verander, maar wel ten goede. Ek kan verstaan waarom soveel toeriste die plek besoek - soveel om te doen en te sien en te beleef! Dit is steeds vir my 'n wonderlike wegbreek plek!"
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
St Lucia Wilds"Die krokodilplaas het baie agter uit gegaan van ons laas in 2000 daar was. Die reservaat was beslis die moeite werd om deur te ry na die heerlikste swemstrand Cape Vidal!"
"Die swemstrand is gevaarlik vir kinders sonder toesig, maar vir ouer mense is dit 'n heerlike aftree-oord!"
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
Perna Perna St Lucia"Perderit en bootrit is besonderse ervarings! Sal terugkom!"
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
Perna Perna St Lucia"Bootritte is duur, blykbaar net gemik op buitelandse toeriste, kan gerus voorsiening maak vir plaaslike vakansiegangers."
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
Flamboyant 7"Road to estuary mouth blocked off while they are renovating."
"Meer vissermansparadys. Moeilik bereikbaar (grondpad). Mooi area, baie privaat. Lokale mense in nabyheid redelik vriendelik. "
"Baie vriendelike eienaars. Mooi ingerigte plekkie met 'n mooi uitsig! Gaan verseker elke jaar weer terug gaan."
"Traditional, beautiful little town. We went on a walk in the Dinza Forest, and had a Sunday lunch at the old Fort. Full of history, and full of greenery. Quaint and interesting town."
"Net buite die besige gewoel in Ballito en tog naby genoeg om gou daar te wees vir inkopies en ander restaurante."