Verified Reviews
North West
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in North West
Rated 4 out of 5 based on 1926 reviews.
"Die paaie oral in die dorp waar ons beweeg het was absoluut pateties, swak, vol gate en baie onprofessioneel gelap of gevul."
"Potchefstroom-mense is uiters vriendelik en behulpsaam, ons het voertuigprobleme ondervind en almal het ons bystand aangebied en van hul het meer as die ekstra myl saam gestap, baie dankie Potch!"
"Dis jammer dat die pragtige dorpie binne 'n paar jaar so verwaarloos is. Strate is vol slaggate en die omgewing is nie altyd veilig nie."
"Baie mooi dorp. Maar baie verwaarloos, paaie in swak toestand. Baie swak stadsraad."
"Die paaie in en direk om die dorp is in treurige toestand, tipies van wat oral in ons land die geval is. Die dorp is vuil en onveilig - ook tiperend van wat in SA tans aan die orde van die dag is."
"The place has lot of entertainments especially to those who use booze. It needs road maintenance and cleanness."
"Ons het te laat daar aangekom en het nie veel van die dorp geniet nie. Paaie kort maar aandag in daardie streek van Noordwes. "
"Die paaie is in 'n treurige toestand - slaggate, geen behoorlike straatname op die pale, ens. Die munisipaliteit kan gerus meer doen om die dorp se strate op te knap en die straatname almal te vervang en aan te dui! Dis moeilik om 'n plek te soek as die straatname nie aangedui word nie."
"Die rede vir die 3/5 as toeristebestemming en 4/5 vir veiligheid, is slegs omdat Vryburg se misdaad handuit ruk. Ons het die aand iets te ete gaan soek en is selfs deur 'n inwoner gewaarsku om sekere strate te vermy op pad terug na die gastehuis. So ook het 'n pompjoggie ons gewaarsku om ons deure te sluit terwyl hy brandstof ingooi omdat daar baie boosdoeners is wat deure ooppluk en enige iets van waarde steel. Ons sou graag die dorp wou vermy in die toekoms weens die misdaad, maar die gastehuis is vir seker 'n wenner en op die regte plek geleë. Dit gaan my verstand te bowe dat daar nie 'n effektiewe inisiatief van die polisie of gemeenskapspolisiëringsforum is om misdaad aan te spreek nie. Volgens almal wat ons gewaarsku het, word voertuie van ander provinsies meerendeels geteiken omdat dit niksvermoedende motoriste is nie. Hopelik sal die gemeenskap van Vryburg begin opstaan teen die misdaad voordat die dorp te bekend raak vir die feit dat misdaad nie behoorlik vasgevat word nie. Ons was van Limpopo op pad Augrabies toe en Vryburg is ideaal vir oorslaap, maar ongelukkig gaan die misdaad daartoe lei dat voornemende toeriste 'n veiliger bestemming gaan kies vir oorslaapdoeleindes."