Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 6516 resensies.
"'n Juweel. Moenie verby ry nie. Stop en gesels met die mense, jy sal nie spyt wees nie. "
"Skokkend dat die dorpie so vuil en verwaarloos is. Gelukkig moes ons net deur die dorpie ry om by die pragtige Elgindam te kom. "
"Swellendam is een van die wonderlikste en rustigste dorpies. Ons keer jaar na jaar terug."
"'n Mens kan nêrens op 'n Saterdagmiddag of Sondag wyn koop nie ... so moenie jou drinkgoed by die huis vergeet nie!"
"Baie rustige dorpie vir rustige reisigers. As jy meer vermaak soek, is Hermanus net 3 km ver."
"Lieflik still en 'n natuurskone toeristebestemming. Darem nie verlate nie en het gereelde toeristegroepe om die punt waar die twee oseane ontmoet te besigtig. Vriendelike mense en lekker seekos te vinde."
"Mooi en stil dorpie met waarde vir geld, antieke meubels te koop en die lekkerste kos in die verskeie restaurante."
"Pragtige dorp met die mooiste ou geboue en die dorp is netjies en skoon en het restaurante om van te kies en keur."