Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 6516 resensies.
"Ek is histeries oor diere, en tot die diere was vriendelik en ek was hartseer om hulle agter te laat!"
"Voor my besoek nooit besef dat Greyton so gerieflik is vir gaste nie, baie restaurante, markie ens maar verloor terselfdetyd nie sy kleindorpie gevoel nie."
"Struisbaai het diep in ons harte ingekruip ... Soveel so, dat ons dink om daarheen te verhuis eendag ..."
"Die dorp en sy mense is so vriendelik en dit voel amper asof jy tussen jou eie mense is. Ons wil weer gaan maar langer die keer!"
"Ek was jare laas op die dorpie, maar dis steeds 'n pragtige plekkie vol "hidden little gems". Beslis die stilhou werd vir enige toeris wat in die omgewing is."
"Kunstenaar en "home decorator" se droom! Ons was baie aangenaam verras om te sien hoeveel restaurante en oulike winkels daar was. Die wandelpaadjies is briljant. Agulhas sal ons beslis weer sien!"
"Beslis die moeite werd en as deel van my "Bucket list" was dit 'n onvergeetlike ervaring."
"Die dorp is nie vir woelige tieners en jongmense nie. Dit is 'n dorp vir mense wat hou van op die stoep sit en die natuur wil insasem en saam kwaliteit familietyd wil hê. Lekker lang afstande stap langs die see of sommer van Struisbaai na Agulhas draf of fietsry en terug."
"Dit is 'n pragtige en skoon dorp. 'n Mens voel baie veilig om daar rond te loop. Die inwoners is baie vriendelik en hulpvaardig."
"Meeste winkels was Maandag gesluit. Ons het egter een van die eienaars geskakel en sy was so gaaf om die kunswinkels vir ons oop te sluit. Genadendal uitstappie is en behoort op almal se 'bucket list' te wees."
"Baie lekker rustig en vriendelike plek. Baie stil en 'n lekker plek om te gaan ontspan."
"Kleinmond bied meer as wat mens sou verwag van 'n klein dorp, soos bv. lekker restuarante, interessante toeriste winkels, verblyf, groot winkelsentrum."