Verified Reviews
Panorama Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Panorama Route
Rated 4.5 out of 5 based on 1643 reviews.
"Geen straatligte in die nag nie en dit kan uiters bedreigend vir 'n stadsjapie wees."
"Die natuur is pragtig! Jammer die dorpie het so agteruitgegaan en die paaie kort aandag."
"Die adrenalienjunkies het hier verskeie opsies en die rustiger natuurliefhebber besoek 'n ware paradys."
"Gaan gooi eerder brandstof by die Caltex vulstasie as by die Engen vulstasie. Toe ons wou brandstof gooi moes ons lank wag vir iemand om ons te kom help. Die plek was glad nie besig nie, maar niemand wou uitkom om ons te bedien nie. Ek en twee ander voertuie het later maar gery na die Caltex stasie toe vir brandstof."
"Dit was pragtig alhoewel ons nie alles kon sien nie as gevolg van stakings."
"Fifth or sixth visit to Kaapsehoop over 20 years, always a beautiful and relaxed place to spend a holiday."
"Sabie is 'n pragtige dorpie. Baie sentraal om na al die wonderlike besienswaardighede te gaan kyk en terug te kom vir die aand. Kan nie wag om weer daarheen te gaan nie. Die mense is ook baie vriendelik."
"Sabie is nie meer n mooi dorp nie. Vuil en baie slaggate. Tekort aan buitelandse toerisme het die dorpie ’n knou gegee. Die dorp word nie meer onderhou nie."
"Honestly Graskop is an exciting extreme sport from driving and other activities. It's a great site to see. It gives you life again."
"Ek besoek die Panoramaroete al vir om en by 40 jaar, en dit is net hartseer om te sien hoe die paai versleg. Die besienswaardighede is egter steeds baie mooi!"
"Die dorp self is baie klein, maar jy kan darem die nodigste kos daar kry. Die 2 restaurante wat ons besoek het in die omgewing was fantasties en sal dit vir enige besoeker aanbeveel."
"Ons was elke dag by die Bohemian Groove Cafe. Die etes, drankies en nagereg is smaaklik, ruim porsies en word vrolik voorgesit. Heerlike vakansie-atmosfeer."
"'n Paar slegte slaggate ontneem die ervaring van 'n vyfde ster aangesien mens die heeltyd op die padoppervlak fokus en die natuur miskyk."
"Graskop is the ideal location if you're looking to see all the sights in the area. It is central to most attractions. About 40 minutes to the Three Rondavels, with a lot to see along the way. A similar distance to Sabie with a range of waterfalls to see. Graskop Gorge Lift is definitely worth a visit. Tip: Don't trust your Google Maps to get you to all the waterfalls, I'd recommend a GPS or an actual map as a backup. We were taken on some pretty rough backroads that weren't necessary at all! Tip: Watch out for speeding - traffic police are very active in the area."
"Kan sien dat geen opgradering in Sabie gedoen is vir geruime tyd. Pad tussen Sabie en Hazyview is 'n nagmerrie vol slaggate. Die pad is die enigste een in die omgewing wat na al die ander besienswaardighede soos byvoorbeeld Graskop Gorge, Pelgrimsrus ens. lei."
"Die natuurskoon is werklik ietsie wat ek voel elke mens moet beleef. Baie klein ou dorpie, maar pragtig en almal groet mekaar. Daar is baie om te sien en die bome, berge en watervalle maak dit 'n ekstra spesiale ervaring. Vir seker 'n uitstappie wat ek nooit sal vergeet nie."