Geverifieerde Resensie
Sedgefield
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sedgefield bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 366 resensies.
"Ons het by Montecello geëet en dit is vir my een van die beste restaurante in die land. Die kos was ongelooflik.Sedgefield is 'n juweel van 'n dorpie op die Tuinroete. Verblyf en eetplekke is net die beste."
"Ons was buite seisoen daar, dit was rustig met lekker weer. Ek weet nie hoe besig dit in die spitsseisoen gaan wees nie."
"Sedgefield is baie ideaal geleë, weg van die stad/dorp se geraas, maar tog naby genoeg om aktiwiteite by Knysna by te woon. Daarbenewens beskik Sedgefield self ook oor winkels wat mens op 'n daaglikse basis sal besoek vir enige benodighede. "
"Was nie self op die strand nie, maar lyk baie skoon met goeie swemplek en lekker stapplek."
"Dit is seker een van die mooiste strande in Suid Afrika!. Uitstekend vir visvang, nog meer geskik vir lekker lang ente se stap en sekerlik baie geskik vir swem saam met die kinders!!"
"Sedgefield is a very quiet and adoring little town ,if you want to relax its definitely the perfect place. For the adventurer in you it's a bit far from everything as you have to drive everywhere."
"Goeie toeristebestemming. Parkering bietjie knap andersins skoon en baie mooi instandgehou. "
"Sedgefield is 'n baie oulike plekkie. Daar is genoeg winkels, restaurante en koffiewinkels om te besoek ook en is nie te ver van Knysna, Wildernis en George. Die mense is vriendelik en mens voel gou tuis. Genoeg plekke tussen 3 strande (Cola, Myoli en Gericke) en die lagoon om verskeidenheid in dag by die water te bring. So bly ons was daar!"