Geverifieerde Resensie
South Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in South Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 2176 resensies.
"Die hele Ramsgate omgewing gee mens die gevoel van weg van die gewoel wees en bied rustigheid en vrede vir jou siel. Die ligging stel jou in staat om te beplan of jy na 'n besige strand, 'n winkelsentrum, woelige naglewe, of natuur of dieper die binneland in wil gaan. Al die moontlikhede met die wete dat jy later kan terugkeer na die kalmte en rustigheid van Ramsgate, die perfekte vakansie-bestemming."
"As jy rustigheid soek is dit heerlik en dit is tog naby Shelly vir shopping en aktiwiteite."
"Die plekkie is klein en daar is uit die aard van die saak nie veel op die dorpie self te doen nie. Dit is egter naby baie ander attraksies, wat dit 'n lekker bestemming maak. Die groot aantal gholfbane in die omgewing maak dit 'n uitstekende bestemming vir gholfspelers wat 'n rondte in die oggend wil gaan speel en die res van die dag saam met die gesin wil deurbring."
"Nie veel om te doen nie, maar die strande is baie skoon en Margate is nie ver daarvan af nie."
"Daar is blykbaar probleme met inbrake in die omgewing vanweë die relatiewe nabyheid van informele nederstettings. 'n Mens moet net versigtig wees om in aand daar te stap en moet verkieslik nie saans strand toe gaan nie."