Geverifieerde Resensie
Transgariep
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Transgariep bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 1358 resensies.
"Ek dink die dam gee goeie geleentheid vir gaste wat werklik net rustig wil wees. Weinig aanbiedinge rondom die dam om te geniet. "
"Such a pity that the area is not really well maintained - parts look shabby."
"Dit bly gerieflike oornagstop vir ons Gautengers Kaap toe en die sonsopkoms en -ondergang is altyd prentjiemooi!"
"Die dam is 'n plek naby aan ons hart. Die natuur is beeldskoon en dam se grote is onbeskryflik. Die geskiedenis agter die dorp en die dam is baie en is dit die moeite werd om 'n naweek daar te spandeer en bietjie te verken. Een van my top 5 bestemmings in SA."
"Die Gariepdam is 'n baie mooi besienswaardigheid as jy vroeg reeds arriveer en dit nog nooit voorheen gesien het nie. Die dam is besonders mooi en die moeite werd om te sien! Daar is ook 'n vulstasie en winkel naby die dam as jy iets vergeet het om te koop. "
"Die dam lyk pragtig die tyd van die jaar en die uitsig vanaf die lodge waar ons gebly het is iets wat ons altyd sal bybly!"
"Good for a stop over on long road trips, but then you arrive and are taken aback by the peacefulness of the place. "
"Interessante, geskiedenisryke dorpie. Pragtige brug buite dorp. Die konsentrasiekamp-monument is hartroerend. Daar is interessante en vriendelike mense te vind in die Royal Hotel en in Die Ou Kar."
"Did not have the time to explore the rest of the town and surrounds. Would love to extend our stay the next time we need to pass through. Gariep Dam is conveniently on the way and is worth a visit for more than a day."
"Ons slaap gereeld oor in die Gariepdam-omgewing wanneer ons reis van Pretoria na die kus. Dit is lekker stil en weg van die trokke se geraas. Ons het ook ondervind dat daar heelwat baie gerieflike selfsorgfasiliteite is in die omgewing teen billike pryse."
"'n Moet-besoek op enige mens se lysie met 'n sin vir geskiedenis. Mal oor die dorpie."
"'n Baie geskiedkundige dorpie. Pellissier museum is vol interessanthede oor die sendeling wat die dorpie help vestig het, asook Anglo-boereoorlogstories. Mal oor die verskillende gastehuise en die Ou Kar Restaurant in die dorp!"