Geverifieerde Resensie
Upper Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Upper Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 2513 resensies.
"Nieu-Bethesda is 'n magiese dorpie, en ons sal beslis volgende keer meer tyd daar spandeer."
"Dorpie was lekker besig met die Owl Route-fietsrybyeenkoms. Daar is genoeg kroeë en restaurante om na almal om te sien. Daar is nie'n OTM of 'n vulstasie nie, en op sekere plekke is die sein vir Vodacom swak."
"Klein dorpie waar daar niks aangaan nie, maar goed geleë vir 'n stop vanaf Kaapstad na Johannesburg."
"Vosburg was 'n groot verrassing. Die dorp is in 'n baie goeie kondisie. Net baie stil. Wat vreemd, maar nie onaangenaam, was nie. Ons het die duisende swaeltjies en mak kraai baie geniet. Selfs die baie sprinkane was 'n groot belewenis."
"Nie eintlik daar rondgekyk nie. Net sy geskiedenis gegoogle. Was te haastig om by die oornagpunt te kom."
"Ken die area en verblyfplekke nie juis goed nie. Slaap net altyd by Kambroo oor vir die ligging en afstand tussen begin en eindpunt."
"Sondagoggend - presies 1 plek oop vir ontbyt, uit die 5 beskikbare fasiliteite? Miskien afseisoen!"
"Verwaarlooste ou dorpie, met baie bedelaars. Die munisipaliteit doen onreg aan die dorpie."
"Pragtige weggesteekte juweeltjie in die berge. Maak tyd om ten minste 'n dag daar te spandeer."
"Was bekommerd oor veiligheid, maar dit was uiteindelik geen probleem nie. Daar is baie meer aan Hanover as wat mens aanvanklik van die N1 af sien."