Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 2513 reviews.
"Ek het Richmond nogal as 'n stil en verlate plekkie ervaar. Die kerkgebou is besonders en trek dadelik aandag."
"Rustige klein dorpie - ideaal as jy wil afskakel. Internetopvangs is sporadies. Uilhuis is die groot toeriste aantreklikheid - baie interessant. Paar klein eetplekkies en ook die brouery wat boetiekbier en 'n lekker kaasbord bedien."
"Die dorp is redelik netjies, maar die verval is maar sigbaar. Covid het waarskynlik 'n rol gespeel met heelwat minder reisigers wat hier oorgeslaap het."
"Ek is so jammer dat 'n dorpie met soveel potensiaal so erg geraak was deur Covid. Ek hoop dat dit sommer gou weer sal straal. Maar wat my betref is dit steeds die perfekte ligging vir oornagverblyf tussen Kaap en Gauteng."
"Die dorp het 'n ryk geskiedenis wat glad nie genoeg bemark of oorgedra word aan mense nie."
"Besoek padstal buite dorp. Deli binne die dorp vir lekkernye en vleisgeregte. Oop op Sondagoggende met terugreis."
"Dit is ons 8ste keer op Nieu-Bethesda en vir seker nie die laaste keer nie. Dit is verblydend om te sien dat die juweel van 'n dorpie steeds van krag tot krag gaan."
"'n Juweel van 'n dorpie wat versteek is tussen die berge. Baie rustige atmosfeer. Nog nooit die Karoo so groen gesien nie!"
"Ek wens net die restuarant was beter. Ons het baie swak diens gekry. Dis bitter vuil daar binne. Onbevoegde kelner en geen beheer. Omdat dit al restaurant is in die dorp moes ons maar daar eet. Kos was maar gemiddeld. "
"Interessante geskiedenis en mooi gerestoureerde huise en teater. Ongelukkig soos meeste dorpe in die land word die infrastruktuur swak onderhou."
"Vosburg is a delightful surprise - it is clean and tidy, peaceful, beautiful big trees provide shade. The people are very friendly - even the sheep and dogs! Didn't have a chance to visit the pub as it was closed, but was keen to meet more locals."
"Die dorpie is bitter mooi en die restuarante lekkerder as lekker. Ek sal weer daar gaan kuier."
"Vanderkloof is 'n mooi dorpie. Ek was verbaas met hoe skoon die dorp is en die dam is 'n moet-sien. "
"Lovely butchery. Didn't have time to explore further. Easy to drive past Richmond, but think it may be have some hidden treats."
"Very little in terms of shops or facilities in the town so come prepared with whatever you need."
"Definitief 'n dorpie wat besoek moet word. Oulike restaurante. En natuurlik is die Uilhuis 'n belewenis."
"Het nie regtig die dorp gaan verken nie, maar dit wat ons gesien het was heel aangenaam."
"Niks noemenswaardig nie - nie juis 'n toerismebestemming nie. Interesante verskynsel is die klein valkies wat dit hulle tuiste gemaak het."
"Baie gerieflike oornagplek halfpad tussen die Rand en Kaapstad. Ek dink die rivier maak dat Hopetown 'n aangename klimaat het."
"Oulike bestemming, maar sal nie meer as 'n paar daggies hier deurbring nie. Dit is wel die moeite werd om te besoek. Oulike, weggesteekte dorpie."