Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 2513 reviews.
"Alhoewel die plaaslike gemeenskap goeie pogings aanwend om die dorpie aantreklik te maak vir reisigers en toeriste, is daar ook duidelike agteruitgang met betrekking tot die dorp se infrastruktuur. Strate is vuil en die ry oppervlakte is in swak toestand."
"Ons het net daar oornag aangesien dit 'n goeie afstand van Yzerfontein was, sal nie sommer daarheen gaan vir vakansie nie."
"Murraysburg is not a town to come to if you want to have a vacation. A good one night stopover for weary travellers. "
"Baie bly om te sien die ou huise word opgepas en van hulle gerestoureer. Mooi, skoon Karoodorpie."
"As 'n klein plekkie jou hart warm maak, is Vosburg beslis 'n plekkie om nie mis te ry nie!"
"Dit sou gaaf gewees het om te weet meeste restaurante is toe en dat die een of twee wat oop was vooraf bespreking benodig. Alles werk met kontant en daar is geen ATM op die dorp nie. Ons kon dus nie veel geniet van alles wat dorpie offer nie wat groot jammerte is. Dit sou ook nice wees as daar 'n lys van alles was wat mens kon doen. Pragtige dorpie en baie vriendelike mense, sal beslis weer daar stop!"
"Wonderlike plek. Besoek ook die kerkhof en vind Helen Martins se grafsteen!"
"Daar is baie om te sien en ek dink mense behoort die plattelandse dorpies te besoek."
"Alles was ongelukkig reeds toe met ons aankoms, maar ons kon deur die dorp stap. Baie skoon."
"Die dorp se stemming bring rustigheid en nostalgie mee. Heerlike rusplek op die lang pad tussen die noorde en die suide."
"Egte Karoo-dorpie gevoel. Stilte is heilsaam. Net wat nodig is vir moeë reisiger. Ongelukkig was ons verblyf te kort om alles wat hierdie dorp aanbied te ervaar. Sal beslis volgende keer vir langer kom."