Geverifieerde Resensie
Upper Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Upper Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 2513 resensies.
"Ek beveel dit aan indien 'n mens lief is vir visvang en langs die water te sit of net wil wegbreek om te rus."
"Onthou alles is toe oor 'n naweek, maar dis heerlik om rond te loop en met die vriendelike inwoners te praat! "
"Heerlik om verras te word met die verskeie eetplekkies wat daar te vinde is. Ware rus vir die siel en vir die moeë reisiger. Slaap beslis vir ten minste twee aande in die omgewing."
"Daar is nie baie te doen in die dorp nie. Op pad na Strydenburg is daar ‘n wonderlike padstal Kambro. Dit is ‘n moet!! Heerlike koffie, tuisgemaakte pasteie, melktert en baie meer!!! "
"Dit is 'n klein dorpie maar oral is ons baie vriendelik en met belangstelling deur die inwoners ontvang."
"Oulike plekkie met vriendelike mense. Gasvry. Ons het Saterdag oggend die 7de lieflike ontbyt geniet by 'n eetplek in hoofstraat. Dankie vir dit. "
"Ek sou graag bietjie langer wou bly op die plaas om die rustigheid volkome te geniet. Volgende keer."
"When reading about Nieu-Bethesda the Owl House comes up as being the prime attraction. However the other attractions such as the Fossil Museum, the brewery and bookshop are much more interesting. The food at The Ibis Lounge is great and deserves to be mentioned in a write-up about the town. As a birder I found birding in and around Nieu-Bethesda was also very good. When travelling on the Owl Route from Graaff-Reinet I saw a number of interesting birds."
"Ek het net een keer in 'n gastehuis oorgeslaap wat 'n hoë standaard gehad het. Hanover skep , as 'n dorp, die indruk van 'n redelik armsalige plek met baie armoede. Maar sy ligging tussen die Kaap en Gauteng het sy voordeel wat benut kan word."
"Petrol station was good with service and restaurant was nice for a snack and coffee. "
"Ek wens ek kon terugkom vir hulle Apollo Fees en sommer net ook om rustig te word. Op die oomblik grawe die munisipaliteit al die strate vol - ek dink hulle vervang waterpype - ek hoop dat dit binnekort voltooi sal wees en alles weer netjies sal wees. Die Padstal in die Hoofstraat N14 is die moeite werd - skaapvleispasteitjies en groot porsies tuisgemaakte aartappelskyfies. Ek hoop ons kan weer Victoria-Wes toe gaan en nie net verby jaag nie."
"Dis maar 'n ou droë dorpie, maar as jy daar in die week is, besoek beslis die Karoo Deli vir 'n lekker koppie koffie!!"
"Ek dink Hanover is 'n oulike dorpie en het baie toeriste-potensiaal. Die ingang en uitgang van Hanover moet net mooi skoongemaak en versorg word."