Geverifieerde Resensie
Upper Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Upper Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 2513 resensies.
"Baie rustige dorpie met heelwat karakter en karakters. Sou graag daar wou aftree eendag."
"Aangename, vriendelike mense. Uitstekende kos by Essence Restaurant."
"It's a very convenient stop over destination for us and we'll definitely return. "
"Victoria-Wes, is 'n heerlike dorpie om vir 'n nag of twee oor te staan. Dis 'n baie skoon, vriendelike en gasvrye dorpie. Beslis die moeite werd om te besoek."
"Pragtige kerk en 'n hele paar oulike gastehuise en restaurante. Maar die res van die dorp is baie afgeleef en lyk nie baie aangenaam nie. Hoewel daar is wonderlike bestemmings in die omgewing is."
"Klein dorpie met baie ou geboutjies. Voel bietjie verlate soms met heelwat vervalle en onbewoonde geboue. Daar is nie baie opsies vir etes koop nie en die een aand was daar net plek waar ons kos kon kry."
"Richmond is 'n bekoorlike Noord-Kaapse dorpie. Dit het maar verlangsaam so dorpies in dié geweste, maar daar is genoeg om te doen en sien vir 'n middagstop. "
"Asemrowende mooi dorpie met ongelooflike vriendelike inwoners. Die dorp is skoon met heelwat om te sien en doen. "
"We were very fortunate to have our cousins there to show us around. A very interesting place. Wish I could have stayed longer."
"Was slegs 'n oornag bestemming op pad na Kgalagadi. Die straatjie waarin hotel geleë is, is wel pragtig oorgedoen aan die een kant. Die dorpie het baie potensiaal."
"Baie potensiaal om soos Greyton 'n toeriste aantreklikheid te word as ou geboue bewaar en opgeknap word."
"'n Heerlike verrassing - al is die dam effe leeg. Beslis die besoek die moeite werd!"