Geverifieerde Resensie
Upper Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Upper Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 2513 resensies.
"Pragtige Karoo dorpie wat goed geleë is vir een nag se oorslaap. Indien mens die boekefees wil bywoon kan mens dalk langer oorbly. Daar is 'n perdemuseum wat een van twee in die wêreld is en dit is die moeite werd om te besoek."
"As jy 'n Karookind soos ek is, het die Karoo 'n anderse besonderse mooi. Seker nie 'n toerismebestemming nie, maar die mooi lê in die sterre, oop lug en vlaktes."
"Baie stil en rustige plekkie. Gee jou die atmosfeer van 'n ou dorpie. Mense baie vriendelik en behulpsaam."
"Hele paar kinders wat vra vir geld waarookal jy gaan (ons het 'n entjie gaan stap deur die dorp), en locals wat rond staan en niks doen nie laat mens effens onveilig voel, maar geen probleme ervaar nie."
"Dis nie iets wat ek verwag het nie, maar weet dis die Karoo en 'n regte klein Karoodorpie ons is van Natal het nog nooit tevore daai kant gegaan, maar die rit terug het dit darem beter begin lyk."
"Interessante dorpie, pragtig as mens oor die berg inkom. Beslis ‘n unieke SA ervaring."
"Maak net seker dat dit wat jy sien met die gastehuise is wat jy gaan kry dorpie self ware juweel."