Geverifieerde Resensie
Waterberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Waterberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1634 resensies.
Leeupoort Vakansiedorp, Waterberg
LaPumba"Baie baie oulike plekkie veral as jy wil wegbreek vanuit die stad. 'n Paar grondpaaie is net nie mooi instand gehou nie."
"The camps around Mookgopong give one peace of mind."
"Toeriste moet net onthou dit is platteland, en winkels is nie noodwendig op 'n Saterdagmiddag of Sondag oop nie."
"Mookgopong se verwaarloosde Afrika-vibe was vir my tieners 'n groot leerskool. Daar is selfs mense daar wat aan die linkerkant in die geel streep by mens verbyjaag."
"If you need to relax and switch of from all the drama in your life, believe me this is the place."
"Vaalwater se bosveld is pragtig en mense wat van die bosveld hou gaan Vaalwater baie geniet. Perfekte wegbreek uit die stad uit en nie te ver om te ry nie."
"Mabalingwe itself is beautiful, and we enjoyed our time in the reserve away from Rock Cottage."
"Vaalwater self is net 'n plek waar jy voorraad kry. Dorpie is maar baie vervalle. Omgewing rondom is pragtig."
Mabalingwe Nature Reserve, Waterberg
Mabalingwe Itaga 619"Is 'n natuurreservaat vir volwassenes en kinders. Baie om te doen of net om rustig by die huis te sit en te ontspan. Sal beslis aanbeveel."
"Ons het by Nylsvley natuurreservaat gaan voëls kyk. Die vleilande is vol water en dit lyk fantasties. Ons het 'n oorvloed watervoëls gesien."
"Ek self was nog nooit in Vaalwater nie, dit was my eerste keer. Met al die reën was als lowergroen. Prentjiemooi plek en omgewing. Sal beslis weer besoek. Dis waar my siel rus kan vind. "
"Ek is mal oor hierdie gebied. Sal weer en weer in daardie omgewing gaan kuier."
"Die dorp is in 'n baie slegte toestand en vervalle. Daar is 'n winkelsentrum, Modimolle Mall, maar neem eerder alle kruideniersware saam. Dit is onveilig om daarheen te gaan."
"Ek glo meeste mense reis daardeur, of woon 'n spesifieke geleentheid by."