Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6855 resensies.
"Jacobsbaai needs to grow a bit more. Wouldn't be able to stay for long periods of time. No nice accessible swimming beach."
"Heerlike wegbreekplek met genoeg eetplekke en winkeltjies. Ek en my man het gesels en gewonder of 'n klein teater nie dalk 'n aanwins sal wees nie, waar kunstenaars oor naweke kan optree. Ons sal beslis weer hier kom kuier."
"Dit die tipe plek wat jy nie veel van verwag nie totdat jy begin rondstap. Dit is 'n baie interessante dorp wat jou belangstelling aangryp. "
"Paternoster is altyd pragtig - selfs as die wind waai. Dis ideaal vir 'n naweek of langnaweek, maar langer beteken mens moet bietjie uitry om die omgewing te sien - daar is nie veel meer om te doen nie. So om uit te span en niks te doen (behalwe lekker eet) is dit ideaal. Die Pizza-restaurant het o.a. 'n gerookte snoek-pizza!"
"Een van my gunsteling plekke in Suid Afrika. Lieflik, stil, lekker drafpaaie en asemrowende sonsondergange. Beste plek om uit die stad te ontsnap."
"Dis 'n fantastiese plek. Die pragtige strand, skoon omgewing en vriendelike mense het my beïndruk. Dan natuurlik die seekos laat 'n mens se mond water. Dit is 'n Ideale plek om vakansie te hou en ook af te tree."
"Ek is heel beïndruk met die geweldige ontwikkeling wat op die dorp plaasvind. Dit is vinnig besig om in 'n moderne stad te ontwikkel. Langebaan is beslis die watersport-entoesias se droombestemming."
"Ons gaan baie na Port Owen toe. Ek dink dit is 'n wonderlike plek om weg te breek vir 'n naweek. 'n Mens kan regtig daar lekker rus en ontspan. Oor die algemeen is die mense daar ook baie vriendelik. My hele gesin hou van die plek."
"Sjarmante dorpie, klein maar het lewe, beeldskoon en stilte wanneer jy dit die nodigste het."
"Dis 'n baie mooi klein dorpie en alles is na aan mekaar, die mense daar baie vriendelik."
"As jy wil wegkom uit die stad se gewoel en stilte en oop, lieflike strande verkies, is hierdie jou bestemming. Vir ons behoeftes van die naweek was alles voldoende. Ek is wel bekommerd oor die groot hoeveelheid stukkende bottels wat ek opgetel het op die strand, maar besef dat dit maar 'n algemene probleem is by strandplekke."
"Paternoster is duidelik 'n plek vir buitelanders met ponde en euros. Alhoewel die verblyf nie buitensporig duur was nie, was restaurante vreeslik duur en die keuses baie basies. Blikkie Pizzeria waar ons toe uiteindelik geëet het se pryse was meer realisties met 'n pragtige uitsig, die kos was lekker en personeel vriendelik. Maak seker om alle kosse te koop voor Paternoster - net 1 klein winkeltjie met basiese. Vredenburg het nie 'n Woolles nie."