Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36824 reviews.
"It was all good to visit the Karoo but a struggle to find a Halaal restaurant, only KFC."
"Ons het gedurende 'n rustige tyd gegaan. Was bitterlik lekker veral met twee kleintjies onder 3."
"Baie slaggate, wees maar versigtig wanneer jy deur die hoofstraat ry. Maar die mense is vriendelik. Ons het die heerlikste eisbein by die 4sheep restaurant geëet. Ook lekker Karoolam by Piet Chops gekoop en wildsvleis by Indaba gekry. Beide slaghuise se diens was baie goed. Dankie aan Anna by Piet Chops en Jason by Indaba Slaghuis. Julle vriendelikheid en goeie diens sal ons weer terug laat kom."
"Het al baie daar deurgereis. Dink net die 4 sheep restaurant by sirkel is overpriced vir wat jy kry, glad nie so wonderlik soos dit uitgemaak word nie."
"Net die Langeberg Mall kan meer winkels bykry en ook movies aangesien ons George toe moes ry om te gaan fliek."
"Dit is regtig 'n lekker plek om uit te span. Daar was gelukkig nie 'n verdrukking van mense nie, hoewel die weer heerlik was. Sal beslis weer teruggaan."
"We go to Mossel Bay for the surfing but I enjoy their main road shops as they are interesting and quirky. The accessibility to the beach is lovely and gives a holiday feel - we mostly go to the point and main road so do not do much else there."
"Dit is 'n rustige, mooi ou dorpie wat kan doen met 'n inspuiting deur meer toeriste."
"Dit word net elke keer erger en meer van 'n hool. Die verkeer is ongelooflik erg. Oral is plakkerskampe en bedelaars."
"Sterrehemel is 'n 'small gem' - heerlik daar geët en die diens was voortreflik. Die strande is skoon en daar het ons wonderlike herinneringe gebou. Beslis 'n plek om weer te besoek."
"Winderig, maar heerlik. Die boekwinkel by Beachcomber was 'n treffer, asook Fish and More (heerlike snoekpatee) en die koffiewinkel was voortreflik."
"Ons inwoners van Tuinroete en trots op Mosselbaai en omgewing. Hartseer dat ons gaste in sulke plekke moet trakteer."