Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 2064 reviews.
"Die park sal nog lekkerder wees vir kinders wanneer die waterpark eers klaar is."
"Lieflike plek. 'n Groot pluspunt omdat die huise nie te na aan mekaar gebou is nie. Mens voel werklik of jy in die bos is. Die natuur en wild is op jou voorstoep."
"Marlothpark stel nie teleur nie. Dis 'n ideale wegbreek kans in die natuur. Kan nie vir beter gevra het."
"Vind Marlothpark oorontwikkel. Daar is te veel gastehuise, wat te veel mense trek. Dit is wel aangenaam buite seisoen. Tydens stil tye, nie oor naweke. Ons hoofdoel was om dit as verblyf te gebruik om Krugerwildtuin te besoek."
"As jy nog nie Marlothpark besoek het nie, het jy nog nie gelewe nie. Beste bestemming in die wêreld."
"Ons gaan al baie jare Marlothpark toe, dit was baie lekker, dit was net baie besig, daar was ook baie busse op Olifants wat baie vinnig gery het en ek is bekommerd oor hoeveel wild raak gery word. Daar moet ook strenger boetes wees oor rommelstrooiing, aangesien daar baie rommel rondlê, Dit is regtig 'n lekker plek en wil dit graag so hou."
"Good alternative to Kruger Park, to enjoy fauna and forest without using your vehicle as your own cage! Ideal for walking, running, biking and even driving for those who insist!"
"Dit was ons eerste keer daar, maar sal dit enigetyd aanbeveel! Die mense ook baie vriendelik en behulpsaam. "
"Die sekuriteit, of die gebrek daaraan was 'n bekommernis. As jy dalk by een van die groter Lodges oorbly dink ek jy is nie so bewus daarvan nie maar het nie regtig veilig gevoel nie. En dit het niks met die wild te doen nie. Daar is net geen beheer oor wie die park binnekom of verlaat nie. Die feit dat elke woning 'n alarm het en dat diefwering baie duidelik oral nodig is, skep nie 'n baie veilige gevoel of indruk nie. En dit is baie jammer."
"As 'n besoek aan die Kruger Nasionale Park, Mosambiek se suide, asook Swaziland op jou reisplan is, moet Marloth sekerlik die bes geleë basis wees om dit vanaf te doen."
"Dit is defenitief 'n plek om te kan wegbreek van die stad sê lawaai en net rus en vrede te hê. "
"Die grondpaaie teen die rivier af kort definitief bietjie aandag. Iemand met 'n kleinerige voertuig gaan verseker sy voertuig seermaak as hy op die afdraai paadjies gaan ry."