1 Glitter Bay
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 66 Lagoon Drive, Glitter Bay, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 990 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
1 Glitter Bay is 'n lieflike selfsorg-vakansiewoonstel in 'n veilige kompleks in die hartjie van Umhlanga. Hierdie grondvloerwoonstel is 'n ideale opsie vir 'n kuswegbreek waar gaste die omliggende gebiede kan verken en geniet.
Hierdie woonstel met lugversorging kan gemaklik altesaam 6 gaste op 'n slag akkommodeer en bestaan uit 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer is gemeubileer met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, terwyl die derde slaapkamer 2 enkelbeddens bevat. Beide hierdie kamers deel die tweede badkamer wat met 'n stort toegerus is. Linne, bad- en swemhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, asook 'n ontbyttoonbank met stoele. 'n Wasmasjien en skottelgoedwasser is beskikbaar vir ekstra gerief. Vanuit hierdie kombuis lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n slim-TV. Toegang tot WiFi is beskikbaar.
Deur die skuifdeure is 'n oordekte patio met 'n buite-eettafel wat 'n wonderlike plek is vir gaste om hul maaltye saam te geniet terwyl hulle oor die see uitkyk. Gaste kan ook 'n gemeenskaplike swembad, braaigeriewe, veilige parkering en direkte toegang tot die promenade en Bronze Beach geniet. Plaaslike geriewe soos winkels en restaurante is naby, met die King Shaka Internasionale Lughawe ongeveer 17 km weg.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Bonny Geverifieer
Eiendomme 9
Resensies 1
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- 66 Lagoon Drive, Glitter Bay, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 66 Lagoon Drive, Glitter Bay, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang