10 @ Sea-Batical
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
-
Kapasiteit: 8 persone
6 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 10 Iris Close, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
- Vanaf R4 500 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
10 @ Sea-Batical is 'n ruim selfsorghuis vir tot 8 mense in Stilbaai, en is net 600 m van die rivier af.
Die veelverdiepinghuis is langs 'n groen area geleë waar bokke vrylik rondloop, en het 'n uitsig oor die rivier en hawe. Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers, en vir gerief word linne voorsien.
Die hoofslaapkamer is op die tweede verdieping ingerig met 'n dubbelbed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n straalbad. Die kamer het ook 'n privaat sitarea. Die ander 2 slaapkamers is op die eerste verdieping geleë, en albei kamers is ingerig met 'n dubbelbed. 'n Stapelbed vir 2 kinders is ook in 1 van die kamers beskikbaar. Een van die slaapkamers maak gebruik van 'n badkamer met 'n stort en 'n bad, en die tweede het slegs 'n stort. Gaste moet asseblief hul eie handdoeke saambring.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof, 'n oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Skottelgoedwasser, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër is ook beskikbaar vir gaste om te gebruik. Gaste kan ontspan in die sitkamer wat toegerus is met 'n TV met DStv, of in die braaikamer wat op die balkon oopmaak en oor die omgewing uitkyk.
'n Dubbelmotorhuis met 'n elektroniese deur is op die grondvloer beskikbaar. Troeteldiere kan ongelukkig nie geakkommodeer word nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Spa-bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
1 x Kinderstapelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 10 Iris Close, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
-
Kapasiteit: 8 persone
6 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 10 Iris Close, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang