11 Coral Sands
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 177 Scott Street, Scottburgh, 4180, KwaZulu-Natal
- Vanaf R890 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
11 Coral Sands is 'n vakansiewoonstel in 'n woonstelkompleks in die kusdorp Scottsburgh. Die kompleks is ideaal geleë naby die strand, strandmeer en restaurante.
Hierdie eenheid is ingerig om 2 volwassenes en 2 kinders te akkommodeer. Die eenheid kan ongelukkig nie 4 volwassenes akkommodeer aangesien die slaapgeriewe nie daarvoor ingerig is nie.
Dié smaakvol gemeubileerde woonstel is op die eerste verdieping geleë en beskik oor 1 slaapkamer. Die slaapkamer het 'n dubbelbed, 'n plafonwaaier en ingeboude kaste. Daar is 'n slaapbank in die sitkamer. In die badkamer is daar 'n bad en stort beskikbaar.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, ketel, ysmasjien en kooktoebehore toegerus. In die sitkamer is daar 'n slim-TV met wifi beskikbaar asook DStv Premium.
Daar is 'n gemeenskaplike braai-area naby die swembad. Veilige onderdakparkeerplek is agter 'n afstandbeheerhek beskikbaar en die kompleks het geslotekringtelevisie.
Besienswaardighede in die omgewing sluit Crocworld-bewaringsentrum, Scottburgh-strand, TC Robertson-natuurreservaat and Scottburgh-gholfklub in.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Eurika Geverifieer
Eiendomme 9
Resensies 154
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 177 Scott Street, Scottburgh, 4180, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 11 Coral Sands het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 177 Scott Street, Scottburgh, 4180, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang