Successfully reported
+53

125 On Van Buuren

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 125 van Buuren Road, Bedfordview, Johannesberg, 2007, Gauteng
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 1)

Beskrywing

125 On Van Buuren is in die boomryke voorstad Bedfordview geleë, net 15 minute se ry van OR Tambo Internasionale Lughawe af.

Die gastehuis het 4 kamers wat elegant versier is: Luderitz, Kimberley, Pilgrims Rest, en Johannesburg. Elke kamer het lugversorging en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Verder het elke kamer ook 'n platskerm-TV met meer as 300 DStv-kanal, WiFi, 'n yskassie, haardroër en tee- en koffiemaakgeriewe. Ontbyt word elke oggend in die eetarea bedien en dit bestaan uit 'n gekombineerde kontinentale en Engelse ontbyt. Aandete en middagete is op versoek beskikbaar.

Die gastehuis het 'n onderdak-braaiplek wat 'n groep van 15 gaste kan akkommodeer. Dit het 'n uitsig oor die tuin en is langs 2 lapas en swembad geleë. Veilige parkeerplek op die perseel word voorsien. Die eiendom word beveilig deur geslotekringtelevisie en 'n elektriese heining. Daar is 'n klein konferensiekamer vir 8 gaste wat goed toegerus is met al die nodige tegnologiese geriewe, insluitend gratis WiFi. Die groot stoep met 'n beskutte braaiplek kan vir sakebyeenkomste en gesellige geleenthede gebruik word. Vervoervereistes is op versoek beskikbaar.

Daar is ook 2 woonstelle. Die Namibian-woonstel is 'n selfsorgeenheid en het slaapplek vir 4 gaste in 2 dubbelkamers. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, oond, stoof, ketel, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien toegerus. Daar is ook 'n haardroër, WiFi en 'n TV met meer as 300 DStv-kanale.

Die Fairest Cape Woonstel is 'n selfsorgeenheid geskik vir 2 gaste en dit het 2 dubbelkamers. Elke kamer het 'n dubbelbed. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, oond, stoof, mikrogolf, ketel en 'n skottelgoedwasser toegerus. Daar is ook 'n haardroër, WiFi en 'n TV met meer as 300 DStv-kanale en -dienste. Dit is ideaal vir mense wat van die huis af werk en in Johannesburg wil kom werk vir 'n rukkie, of sakereisigers wat in Johannesburg moet vertoef. Die woonstel word daagliks skoongemaak.

Dié ligging bied maklike toegang tot die N3-, R21-, R24- en die M2-snelweë, so dis baie gerieflik vir toeriste en sakereisigers wat op pad is na Johannesburg, Gauteng, Limpopo, Noordwes, die Vrystaat en KwaZulu-Natal. Die ligging van die gastehuis maak dit ideaal as basis vir plaaslike en internasionale gaste wat die Apartheid Museum, Gold Reef City, Soweto, Wieg van die Mensdom, Cullinan Diamantmyn, Voortrekker Monument, Sun City en Pilansberg Wildreservaat wil besoek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Wasgoeddiens
Swembad
Alle maaltye beskikbaar
Ontbyt beskikbaar
Openbare vervoer naby
Vervoerdienste

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 39 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Clive T
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent. Excellent, stayed there many times, would recommend to all. Beautiful gardens. Friendly hosts.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025
Frank K
Saam met lewensmaat
5.0
Made our short stay in Gauteng memorable. Just great! John is an excellent host.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2025
Freddy S
Saam met lewensmaat
5.0
Our hosts were fantastic. We felt so welcome and were looked after the whole stay. A very comfortable stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2025
Anthony B
Besigheidsreis
5.0
Perfect accommodation and a great host. Looking forward to my next stay. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2025
Carmen D
5.0
Puik! Die gasheer was uiters behulpsaam en vriendelik, die huis skoon, en die kamers aantreklik, net, en gemaklik.
Mei 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

John Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 39

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 125 van Buuren Road, Bedfordview, Johannesberg, 2007, Gauteng
  • Gaste dink 125 On Van Buuren het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 850
per nag (plek vir 1)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 1)
Vanaf
R 850
per nag (plek vir 1)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 125 van Buuren Road, Bedfordview, Johannesberg, 2007, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAnxlQQVdu3t8bKWnQVMSE0ig3pdVsFjwiKOj7uuKOfAsKxZftBQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 1) 39 5 1 5 125 van Buuren Road Bedfordview 2007 Gauteng 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -26.169805555556 28.153277777778

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang