13 Fairway Close Private Estate
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 13 Fairway Close Private Estate, Goose Valley Golf Estate, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap
- Vanaf R9 750 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
13 Fairway Close Private Estate is 'n moderne selfsorghuis op die veilige Goose Valley Gholflandgoed en spog met berguitsigte.
Die huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en dié kamer lei na 'n dek met 'n uitsig oor die 17de putjie. Dit is die ideale plek vir 'n skemerkelkie. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in hierdie drie kamers deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne en handdoeke word voorsien.
Die groot oopplan-leefarea het hoë plafonne en glasdeure wat toegang tot 'n stoep bied. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, basiese breekware en eetgerei, en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n etenstafel en die kombuis lei na die sitarea wat gemaklike sitplek, 'n TV en kaggel het.
Die sitarea se stapeldeure lei na die stoep met 'n mooi uitsig oor die lowerryke omgewing en daar is 'n ingeboude braai, sowel as buitemeubels.
Goose Valley Clubhouse is net 5 minute se stap ver en dit spog met 'n restaurant, kroeg en gholfwinkel. Aktiwiteite op die landgoed sluit gholf, ’n oefenbof, swembad, tennisbane, muurbalbane en strandmeertoegang in. Daar is 2 dubbel-kajakke wat gaste kan gebruik om die riviermonding te verken.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 13 Fairway Close Private Estate, Goose Valley Golf Estate, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 13 Fairway Close Private Estate, Goose Valley Golf Estate, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang