19 Kingswood Manor
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 19 Kingswood Manor, Kingswood Golf Estate, George, 6530, Wes-Kaap
- Vanaf R1 900 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
19 Kingswood Manor is 'n selfsorg-eenheid op die Kingswood Gholflandgoed in George. Dié vakansie-eenheid is die ideale basis vanwaar gaste die dorp se besienswaardighede en hierdie deel van die Tuinroete kan verken.
Daar is sonkrag en batterye wat die kragtydens beurtkrag sal aanhou. Dit sluit die oond en verwarmers uit.
Die eenheid bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n ekstra lang koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n moderne instapstort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n privaat badkamer met 'n stort.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, oond, gasstoof, koffiemasjien, 'n ketel en 'n broodrooster toegerus.
Die aangrensende sitarea het rusbanke en 'n slim-TV met Netflix. Daar is 'n braai op die stoep met 'n buite-eetarea. WiFi en veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Buiten gholf, 'n klubuis en 'n restaurant, bied die landgoed ook pragtige berguitsigte en verskeie stap- en fietsrygeleenthede. Die verblyf is ook naby ander gholfbane in die omgewing sowel as die lughawe.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Minette Geverifieer
Eiendomme 21
Resensies 63
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 19 Kingswood Manor, Kingswood Golf Estate, George, 6530, Wes-Kaap
- Gaste dink 19 Kingswood Manor het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 19 Kingswood Manor, Kingswood Golf Estate, George, 6530, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang