2 Bayview Terrace
Kry 20% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 20 Okt 2025 tot 30 Okt 2025.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 78 Loader Street, De Waterkant, Cape Town, 8001, Wes-Kaap
-
Vanaf
R7 340R5 872 per nag, vir 6 mense -
TGCSA-gradering:
Beskrywing
2 Bayview Terrace het slaapplek vir 6 mense en is ideaal vir vriende of gesinne. Dié unieke drieslaapkamerhuis se ligging is puik en die uitsigte op Tafelberg en Seinheuwel is asemrowend.
Hierdie bekroonde eiendom is puik ontwerp en strek vanaf Loaderstraat met 'n veilige motorhuis tot by Bayview Terrace. Die grondvloer bestaan uit 2 slaapkamers met lugversorging. Die een kamer het 2 enkelbeddens wat omskep kan word in 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die ander kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n aparte badkamer met 'n stort. Die oopplan-kombuis, eetarea en leefarea het 'n indrukwekkende ornamentele kaggel wat met gas werk. Dit maak oop op 'n tuintjie met sitplek, 'n swembadjie en 'n uitsig oor die hawe.
Knap houttrappe lei na die hoofslaapkamer met lugversorging. Hier kan gaste hulself van die bed af verlustig in die uitsig oor die balkon tot by die hawe. Die losstaande bad het dieselfde uitsig en daar is 'n stort met glasmure en 'n toilet. Daar is 'n borrelbad met sitplek vir 8 mense op die sondek agter - dit word bereik via die buitetrap langs die motorhuis of via die hoofslaapkamer se en suite-badkamer.
As 'n ekstra diens addisioneel tot die verblyftarief, word gratis WiFi gebied indien beskikbaar. Die huis word 2 keer ’n week op weeksdae skoongemaak, behalwe op openbare vakansiedae.
De Waterkant is lekker naby al Kaapstad se vernaamste besienswaardighede. Stap na die V&A Waterfront, Groetemarkplein of die KIKs, of neem 'n kort taxi-rit na Tafelberg, Kampsbaai en die wynlande. The Village Cafe bied heerlike ontbyt en is langs Bayview Terrace. Cape Quarter is die naaste winkelsentrum, net 3 minute se stap van hier af.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Tobin Geverifieer
Eiendomme 22
Resensies 17
Op LekkeSlaap 15 jaar
Ligging
- 78 Loader Street, De Waterkant, Cape Town, 8001, Wes-Kaap
- Gaste dink 2 Bayview Terrace het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 78 Loader Street, De Waterkant, Cape Town, 8001, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang