201 Mossel Cove
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1 Marsh Street, Unit 201 Mossel Cove, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap
- Vanaf R1 550 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
201 Mossel Cove is 'n lieflike selfsorgvakansiewoonstel in 'n gebou in Beacon Point, Mosselbaai, en is ideaal vir 'n klein gesin of groep vriende wat op soek is na 'n rustige wegbreek na hierdie gesogte kusdorpie op die Tuinroete.
Dié woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Albei die slaapkamers het 'n dubbelbed. Die eerste slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Gaste in die tweede slaapkamer gebruik 'n gedeelde badkamer met 'n stort-oor-bad, wasbak en 'n toilet.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, lugbraaier, skottelgoedwasser, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n etenstafel toegerus. Die leefarea het 'n gemaklike rusbank en 'n TV met stroomdienste. WiFi is beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n groot balkon met 'n ingeboude braai en uitsigte oor die omgewing. 'n Gemeenskaplike swembad en veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Die verblyf is naby plaaslike geriewe soos verskeie winkels en restaurante. Die Point Beach en getypoel is ongeveer 380 m ver.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Mariska Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 2
Resensies 3
Op LekkeSlaap 10 maande
Ligging
- 1 Marsh Street, Unit 201 Mossel Cove, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap
- Gaste dink 201 Mossel Cove het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1 Marsh Street, Unit 201 Mossel Cove, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang