206 Dromedaris
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 109 Beach Road, Dromedaris, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
- Vanaf R950 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
206 Dromedaris is 'n selfsorgvakansiewoonstel in 'n veilige kompleks in die hartjie van Amanzimtoti. Dit is ideaal vir 'n klein gesin of 'n groep vriende wat die Dolfynkus wil verken.
Dié tweeverdiepingwoonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamers het onderskeidelik 'n bad en 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel waar gaste hul maaltye kan geniet. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met Netflix en DStv. Gaste moet asb. hulle eie aanmeldbesonderhede gebruik. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die sitarea het groot vensters wat 'n uitsig oor die see in die verte bied. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Die kompleks het gemeenskaplike braaigeriewe en is naby winkels en restaurante geleë.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Eurika Geverifieer
Eiendomme 9
Resensies 154
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 109 Beach Road, Dromedaris, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 206 Dromedaris het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 109 Beach Road, Dromedaris, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang